Vrugbeginsel: Deel van die vroulike voortplantingsorgane van die blom

Die vrugbeginsel in blomplante is deel van die vroulike voortpantingsorgane van die blom.

Dit is spesifiek die deel van die stamper wat die saadknoppie(s) bevat en is bo, onder of in die middel van die blombodem (die basis van die kroonblare en kelkblare) geleë. Die stamper kan uit een vrugblaar of uit verskeie vrugblare bestaan. Bo die vrugbeginsel is die blomstyl en die stempel, die plek waar die stuifmeel land en ontkiem om deur die styl na die vrugbeginsel te groei. Elke individuele stuifmeelkorrel bevrug een individuele saadknoppie.

Vrugbeginsel: Deel van die vroulike voortplantingsorgane van die blom
Die vroulike blom van die skorsie wat die stamper, saadknoppies en kroonblare wys. Die kroon- en kelkblare is bo die vrugbeginsel, en laasgenoemde is dus onderstandig.

Vrugte

’n Vrug is ’n ryp vrugbeginsel of vrugbeginsels – saam met saad – van een of meer blomme. Die vrug is verantwoordelik vir die verspreiding van die sade wat die vrugkiem bevat asook vir die beskerming van die sade.

Klassifikasie van die vrugbeginsel

Vrugbeginsel: Deel van die vroulike voortplantingsorgane van die blom 
I bostandig. II halfonderstandig. III onderstandig. a meeldraadkrans. g stamper. p kroonblare. s kelkblare. r blombodem. Die aanhegtingspunt is waar a, p en s byeenkom.

Die terminologie van die posisie van die vrugbeginsel word bepaal deur die aanhegtingspunt, waar die ander blomdele (blomdek en meeldraadkrans) byeenkom en aan die oppervlak van die vrugbeginsel heg. As die vrugbeginsel bo die aanhegtingspunt is, is dit bostandig; indien onder, is dit onderstandig.

Die term halfonderstandig word ook gebruik wanneer die vrugbeginsel half binne en half buite die blombodem lê.

Verwysings

Tags:

BlomKelkblaarKroonblaarStamperStempelStuifmeelVrugblaar

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloedsomloopstelselKweekhuiseffekWet op NaturellengrondLys van bekende Suid-AfrikanersVoorsetselXenofobieVerlede tydSikloonHartaanvalWolkConsolidated B-24 LiberatorMateriaalLuiperdViëtnamoorlogAnale kankerMorfeemSpelerposisies in rugbyOnse Vader23 AprilMartin Luther King jr.Olimpiese SomerspeleBedreigde spesieOopbroninhoudCarike KeuzenkampLewerChristendomMiltWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKaapstadse waterkrisis 2015-2018HadedaOnderwerp (taalkunde)Leonardo da VinciLieweheersbesieSeksueel oordraagbare infeksieWapen van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse skrywersKookpuntEmfiseemDermpoliepWiskundige terminologieRoesBreinkaartJakobAppel (sanger)KlankVaginale kankerSosiale mediaAlliterasieWatersuiweringAmateurradioVaalrivierOrale seksFrankrykBrongitisLenteNierNasionale VrouedagOseaanbesoedelingSoweto-opstandOlimpiese Somerspele 2012BorskankerElandréCorioliskragSimboolDesimale breukeMahatma GandhiKoos BekkerNarsismeMenslike seksuele gedragCalviniaMaagMeningsverskil oor aardverwarmingGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaMetaalVrystaatIngrid JonkerVoedingGeallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog🡆 More