Kelkblaar: Deel van 'n blomplant

Kelkblare is die deel van blomplante wat die blomknop beskerm.

Dit is gewoonlik groen. Die kelkblare van ’n plant word saam die blomkelk genoem.

Kelkblaar: Deel van 'n blomplant
Die kelkblare van Alcea rosea.

Beskrywing

Nadat ’n plant geblom het, het die blomkelk meestal geen funksie meer nie en verkrimp dit. Sommige plante behou ’n doringagtige blomkelk, wat óf lewend óf verdroog kan wees, om die vrug of saad te beskerm, soos by die spesies van Acaena of Solanaceae. Soms begin die blomkelk groei nadat die blomme uitgekom het en vorm ’n blaasagtige huls om die vrug om dit teen insekte en voëls te beskerm, soos by die Hibiscus trionum en die appelliefie.

Beide kelk- en kroonblare is aangepaste blare. Laasgenoemde omring die voortplantingsdele van blomme en lok insekte met hul helder kleure. Al die kroonblare van ’n blom word saam die blomkroon genoem. Die blomkelk en blomkroon vorm saam die blomdek.

Wanneer die kroon- en kelkblare moeilik van mekaar onderskei kan word, word dit saam die blomdekblare genoem. Voorbeelde van plante waar van blomdekblare gepraat word, is genera soos Aloe en Tulipa. In teenstelling daarmee het genera soos Rosa en Phaseolus kroon- en kelkblare wat goed onderskeibaar is.

Die ontwikkeling en vorm van die kelkblare verskil van plant tot plant. Hulle kan losstandig of saamgesmelt wees.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Blom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InsekAfrikaanse WikipediaAgtervoegselTafelsoutHolocaustJaarTierSuid-Afrikaanse GrensoorlogKommunikasieMagnesiumEiffeltoringProksemikaSoortnaamProteaMenslike seksuele gedragNavorsingVolhoubare ontwikkelingToestand van materieSonnetAmhariesLandbouIoonSuurstofCovid-19-pandemieVincent van GoghByLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaLys van elemente volgens simboolNetbalIngrid JonkerDigtheidJode in Suid-AfrikaIronieErfenishulpbronLimpopo (rivier)Uitwerking van klimaatsveranderingHartaanvalKrugerwildtuinStikstofMaatskappyEjakulasieNazi-DuitslandMiskruierWapen van Suid-AfrikaTswanaGautengGlobaliseringPerdebyePubliekDuitslandPerdBakterieLeierDriedimensioneelVoegwoordDroomArendNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaVoortrekkermonumentMotorvoertuigAarde se atmosfeerSpysverteringstelselAbstraksie (rekenaarwetenskap)Hannes van WykLongontstekingKindersiektesBreinvliesontstekingMahatma GandhiNiersteenSuiwelprodukAntoniemLys van Afrikaanse televisiereekseInternetTamboraNeurenberg-verhoreOligopolieKoors🡆 More