Christiaan Olwagen: Suid-Afrikaanse skrywer en regisseur

Christiaan Olwagen (gebore 1987 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en regisseur.

Op 14-jarige ouderdom het hy sy eerste toneelstuk geskryf en ook die regisseurswerk gedoen. Nadat hy gematrikuleer het aan die Pro Arte Kunsskool in Pretoria het Olwagen BA Drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy honneursgraad se tesis het gehandel oor aanpassings van William Shakespeare se Hamlet, onder leiding van Marthinus Basson.

Christiaan Olwagen
Geboorte 1987
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Skrywer, Regisseur, Akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Terwyl hy op universiteit was, het hy ook 'n skryfskool bygewoon, en begin om sy eie tekste te skryf en die regie van die produksies self te doen. Hy het as student die Fleur du Cap-toekenning ontvang vir: Mees Belowende Student in 2008 vir sy uitbeelding van die rol as Emcee in die Marthinus Basson-produksie, Cabaret. In 2010 het Olwagen aandag op hom gevestig met sy professionele debuutproduksie, Woza Andries.

Sedert 2011 het Olwagen regisseurswerk vir teater en film behartig, onder andere: N is vir Neurose, Woza Andries (geskryf deur Robert Volker en verwerk deur Olwagen), Vagina Dentata en Ubu en die Secrecy Bill. In 2012 het hy die regie vir Wie’s bang vir Virginia Woolf gedoen en in 2013 vir Wie drink Wat?, Dogma in 2014 en A Doll’s House in 2016. Met die teks, Dogma, wat Olwagen geskryf het en 2014 op die verhoog gebring het, was 'n uitbeelding van sy gesinslewe en sy pa wat as 'n NG-predikant gelei het aan veelvuldige sklerose en die uitdagings wat met die siektetoestand en sy beroep gepaard gaan – het ses Kanna-nominasies ontvang en die Kanna-toekenning gewen vir: Beste Produksie en Beste Debuutproduksie.

Saam met Martelize Kolver het hy die draaiboek van die kortfilm, Toevlug, geskryf in 2013. Die Seeumeeu (2019) is 'n film gebaseer op die teaterteks, soos geskryf deur Anton Tsjechof, aangepas vir Suid-Afrikaanse gehore.

Filmografie

  • Poppie Nongena; medeskrywer saam met Saartjie Botha en regisseur (2020)
  • Kanarie; medeskrywer saam met Charl-Johan Lingenfelder en regisseur (2018)
  • Die Seemeeu; skrywer en regisseur (2018)
  • Johnny is nie dood nie; medeskrywer saam met Malan Steyn en regisseur (2016)
  • Toevlug; kort film; medeskrywer saam met Martelize Kolver en regisseur (2013)

Toekennings

  • Fleur du Cap-toekenning: Mees belowende student (2008)
  • Rosalie van der Gucht-prys (nominasie): Nuwe Regisseur vir Woza Andries (2011)
  • Standerd Bank Jongkunstenaarstoekenning: en in die lig hiervan behartig hy ook die regie van A Doll’s House by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad. (2015)
  • kykNET Silwerskerm toekenning: Beste draaiboek vir Toevlug (2013)
  • Deleen Bekkerprys vir die beste rolprentdraaiboek in Afrikaans vir Johnny is nie dood nie (2018)
  • Kanna-toekenning: Beste Produksie, vir Dogma (2014)
  • Kanna-toekenning: Beste Debuut Produksie, vir Dogma (2014).
  • Afrikaans Onbeperk-toekenning: vir 'n Jong Stem (2014)
  • Beeld Aardvark-toekenning vir grensverskuiwende werk tydens die Aardklop Kunstefees (2012)
  • ATKV-toekenning: Nasionale Wenner tydens Tienertoneelfees (2012 en 2013)
  • Fiësta-nominasie: Beste Afrikaanse Produksie (2013)
  • Fiësta-nominasie: Beste Nuweling (2013)
  • Fiësta-nominasie: Spesiale Prestasie in Musiek (2013)
  • Fiësta-nominasie: Beste Musiekblyspel (2013)
  • Woordfees-nominasie: Beste Produksie en Regisseur (2013)
  • Aardklop-nominasie: Beste Regisseur (2012)
  • Aardklop-nominasie: Beste Produksie (2012)
  • Kanna-nominasies (5): vir Vagina Dentata (2012)
  • Woordfees-nominasie: Beste Produksie (2012)
  • Fraserburg Toneelfees: Beste Regisseur (2011)
  • Universiteit van Stellenbosch: Beste Akteur vir Valere in La Bete
  • Universiteit van Stellenbosch: Beste Regisseur vir Woza Andries.
  • Universiteit van Stellenbosch: Beste Akteur, vir sy rol as Emcee in Cabaret.

Bronnelys

Tags:

1987Baccalaureus artiumDramaHamletKaapstadMarthinus BassonPretoriaUniversiteit van StellenboschWilliam Shakespeare

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EkostelselAkuutMarkus JoosteSiya KolisiRooikatBoeddhismeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBek-en-klouseerNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMenseregtedagBesoedelingLys van Afrika-landeAnale seksJode in Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaLoonVulkaanSuurstofRuan JoshAborsieWerkersdagNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyMoskouN.P. van Wyk LouwWikimedia-stigtingNuwe TestamentNasiebouSamestellingAsiëSimboolOos-KaapItaliëAntisemitismeJagluiperdVliegtuigJan BlohmKolitisKragopwekkingKorrupsieSelfieTweede WêreldoorlogLOntwikkelde landBaarmoederRenaissanceShakaLabia (geslagsdele)ResensieEskomKnysnaHamburgerKommunikasieBeesvleisCovid-19-pandemieMiddeloorontstekingSonenergieHartversakingDrinkwatervoorsieningNarkoseVerenigde State van AmerikaKoringMiskruierHoutInfeksieMieliestronkMetaalArmeniëLyfstraf in skoleHutsmerkPankreasKeelseerKilometerTelevisieKlankverskynselsJohn Brown (aktivis)SkoenlapperKaren Wessels🡆 More