Rolanda Marais (gebore 19 Januarie 1978) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise.
Marais is veral bekend vir haar rol as Stefanie Malherbe in kykNET se sepie, Binnelanders. Tot en met die ouderdom van twaalf, het sy in Johannesburg gewoon en het toe saam met haar ouers Wellington in die Boland getrek. Na haar skoolloopbaan het sy by die Universiteit van Kaapstad haar Spraak en Drama-graad behaal, asook haar honeursgraad in Afrikaans en Nederlands.
Rolanda Marais | |
Geboorte | 19 Januarie 1978 |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
In haar finale jaar begin sy reeds in professionele produksies verskyn en maak haar debuut in die TV-minireeks, Lied van die Lappop. 'n Hoogtepunt van haar loopbaan is Out On A Limb, waarvan sy die hoofrol vertolk het. Sy het ook in verskeie advertensies verskyn, wat dit vir haar moontlik kon maak om oorsee te reis. Sy het vir sewe jaar vryskut werk gedoen en toe sy die kontrak teken by Stark Studios om in Binnelanders te speel, het sy die stabiliteit geniet.
Marais is ewe gemaklik op die verhoog en het al die voorreg gehad om saam met regisseur Marthinus Basson te werk in verskeie teaterproduksies. Van haar teaterhoogtepunte sluit in Aars!, saam met Antoinette Kellermann en Dawid Minnaar en Romeo en Julia, saam met Jana Cilliers, Antoinette Kellerman en Dawid Minnaar. Sy het ook die hoofrol vertolk van Hedda Gabler, wat by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer is.
Sy was ook te sien in die televisiereeks Charlie Jade (2005), in twee seisoene van Zero Tolerance op SABC 2 (2004) en sy was ook in die tweede seisoen van die dramareeks op SABC 1, Intersexions (2013). Marais het ook die rol van Analine King vertolk, 'n weduwee met drie kinders in die SABC 3 dramareeks, High Rollers, (2013).
Rolanda Marais is getroud aan filmregisseur en Jozua Malherbe in Februarie 2016, die egpaar het 'n dogter, Charlotte.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Rolanda Marais, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.