Die veereier (Bubulcus ibis) is 'n klein wit voël wat aan die familie van reiers behoort.
Hierdie voëls staan in die volksmond as bosluisvoëls bekend. Dit is 'n algemene standvoël in dele van sy gebied en 'n trekvoël in ander. Dit is die enigste spesie in die genus Bubulcus. In Engels staan die voël bekend as die Western Cattle Egret en in Nederlands as die Koereiger.
Veereier Bosluisvoël | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Bubulcus Bonaparte, 1855 |
Spesie: | B. ibis |
Binomiale naam | |
Bubulcus ibis Linnaeus, 1758 |
Die voël is 48 tot 54 cm groot en 280 tot 450 gram swaar. Hulle is klein, kompakte witreiers met 'n kort snawel, nek en bene. Die snawel is geel en die bene is olyfgeel. Die volwasse voël het dofgeel pluime op die kroon, mantel en bors.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Veereier, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.