The Bronx

The Bronx is die mees noordelike stadsdeel (Engels: borough) en een van vyf munisipaliteite van New York.

Dit het 'n geskatte bevolking van 1 455 720 in 2016 gehad en 'n oppervlakte van 150 km². Dit grens aan Manhattan in die suide. Die stadsteel is na Jonas Bronck genoem.

The Bronx
Borough
'n Uitsig oor The Bronx met die Yankee-stadion in die sentrum
'n Uitsig oor The Bronx met die Yankee-stadion in die sentrum
Vlag van The Bronx
Vlag
Amptelike seël van The Bronx
Seël
Leuse(s): 
Ne cede malis
Kaart van New York wat The Bronx in oranje aandui.
Kaart van New York wat The Bronx in oranje aandui.
Koördinate: 40°50′14″N 73°53′10″W / 40.83722°N 73.88611°W / 40.83722; -73.88611 73°53′10″W / 40.83722°N 73.88611°W / 40.83722; -73.88611
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
DeelstaatThe Bronx New York
CountyThe Bronx Bronx
StadThe Bronx New York
Stigting1898
Genoem naJonas Bronck
Regering
 • TipeBorough (Stadsdeel)
 • President van die StadsdeelRubén Díaz, Jr. (D)
 • Prokureur van die DistrikDarcel Clark
Oppervlak
 • Totaal150 km2 (57 vk. myl)
 • Land110 km2 (42 vk. myl)
 • Water40 km2 (15 vk. myl)
Hoogte
90 m (280 ft)
Bevolking
 • Totaal1 455 720
 • Digtheid13 379,8/km2 (34 653,4/vk. myl)
TydsoneUTC-5 (OST)
 • SomertydUTC-4 (ODT)
Poskode
104
Skakelkodes718/347/929, 917
Webwerfwww.bronxboropres.nyc.gov

The Bronx word deur die Bronxrivier verdeel in ’n heuwelagtige deel in die weste en ’n platter oostelike deel. Oos en wes se straatname word verdeel deur Jeromelaan – ’n uitbreiding van Manhattan se Fifth Avenue. The West Bronx is in 1847 by New York ingelyf en die dele oos van die Bronxrivier in 1895. Die Bronxdistrik is in 1914 van die distrik New York geskei.

Sowat ’n kwart van die Bronx-gebied is oop ruimtes, insluitende die Woodlawn-begraafplaas, Van Cortlandt-park, Pelham Bay-park, die New Yorkse Botaniese Tuin en die Bronx-dieretuin in die noorde en middel van die munisipaliteit. Hierdie oop gebiede kom voor op grondgebied wat laat in die 19de eeu met opset uitgehou is terwyl stedelike uitbreiding van Manhattan af noord- en ooswaarts voortgeduur het.

The Bronx is ook waar die Yankee-stadion (waar die New York Yankies bofbal speel) geleë is. Die persepsie bestaan dat dit ’n arm deel van die stad is waar misdaad hoogty vier, maar dis nie in die hele Bronx die geval nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EngelsManhattanNew York

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MonoloogOman AirSuikerbekkiesOutismeKwaZulu-NatalRenosterOrthopteraKlein-KarooInfeksieBorskankerOnse VaderAanhalingstekensAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeGordelroosCalviniaVulvaMandalaVingerseksMoslemGeskiedenis van kindermishandelingKunsMisdaadHeuningbyVrymesselaryPinksterTekstielLys van Afrikaanse skrywersXenofobie in Suid-AfrikaAnneli van RooyenAvbobCorioliskragKlankverskynselsHidroëlektrisiteitDikdermMIVGeweldWisselkoersSikloonDurbanMiskruierSekondêre sektor van die ekonomieLabia (geslagsdele)ToerismeAspoestertjieKrugerwildtuinMagnetismeGeprosesseerde kosKoperRooibloedselVersoeningsdagHutsmerkDuitsVersamelnaamHoërskool Sentraal, BloemfonteinGeelhoutKommaHondKontinentSendelingposisieNazi-DuitslandAtoomGroepsgebiedewetGriepVenda (taal)WoordLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)HeuningVratAntieke EgipteLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVarkSeksFabelQ🡆 More