Britse Oos-Indiese Kompanjie

Die Oos-Indiese Kompanjie (ook die Oos-Indiese Handelskompanjie, Engelse Oos-Indiese Kompanjie, en toe die Britse Oos-Indiese Kompanjie) was 'n vroeë Engelse aandelegeselskap wat aanvanklik gevorm is vir die aangaan van handel met die Oos-Indiese handelstreek, maar waarvan die handel uiteindelik tot die Indiese subkontinent en China beperk was.

As die vroegste van verskillende soortgelyk saamgestelde Europese Oos-Indiese Kompanjies, is die maatskappy 'n Engelse koninklike oktrooi toegeken, onder die benaming Goewerneur en Kompanjie van Koopmanne van Londen Handeldrywende in Oos-Indië, deur Elizabeth I op 31 Desember 1600. Ná 'n mededingende Engelse maatskappy die monopolie van die Kompanjie uitgedaag het in die laat 17de eeu, het die twee maatskappye saamgesmelt in 1708 om die Verenigde Kompanjie van Koopmanne van Engeland Handeldrywende in Oos-Indië te vorm, algemeen voorgehou as die Eerbare Oos Indiese Kompanjie, in Engels afgekort, HEIC; die Kompanjie was in die volksmond bekend as die John Kompanjie, en in Indië as Kompanjie Bahadoer (Hindoestanies: bahādur, "moedig"/"gesag").

Britse Oos-Indiese Kompanjie
Vlag van die Britse Oos-Indiese Kompanjie wat in 1600 gestig is
Britse Oos-Indiese Kompanjie
Vlag tussen 1707 en 1801
Britse Oos-Indiese Kompanjie
Vlag tussen 1801 en 1858

Die Oos-Indiese Kompanjie het hoofsaaklik handel gedryf in katoen, sy, indigo-kleurstof, salpeter, tee en, met China, in onwettige opium. Daarenteen het dit uiteindelik oor uitgebreide Indiese landstreke regeer, militêre gesag uitgeoefen en administratiewe funksies behartig, mettertyd tot uitsluiting van hul handelsoogmerke. Kompanjiebewind in Indië, effektief vanaf 1757 na die Slag van Plassey, het tot 1858 voortgeduur, toe, na afloop van die gebeure van die Indiese opstand van 1857, en onder die Regering van Indië Wet van 1858, die Britse Kroon direkte administrasie van Indië opgeneem het in die nuwe Britse Raj. Die Kompanjie self is uiteindelik ontbind op 1 Januarie 1874, na aanleiding van die Oos-Indiese Dividenduitkeringswet.

Die Kompanjie het vir lank oor 'n bevoorregte betrekking jeens die Engelse, en later die Britse regering beskik. Gevolglik, is dit dikwels spesiale regte en voordele toegestaan, insluitend handelsmonopolië en heffingvrystellings. Dit het besware onder hul mededingers ontlok, wat die Kompanjie se aanstelling as 'n onregverdige voordeel beskou het. Nogtans het die Kompanjie 'n invloedryke mag gebly in Indië vir 'n tydperk van oor die 200 jaar.

Verwysings

Tags:

Elizabeth I van EngelandIndiese subkontinent

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MiltStaat PalestinaSeksueel oordraagbare infeksieGedigLeeuNasiebouTuisbladAfrikanersSwart menseSeksuele stimulasieEwenaarTrekarbeidPaarl GimnasiumVryheidsmanifesIntensiewe vormAlliterasieWieg van die MensdomNatuurlike hulpbronKasteel die Goeie HoopWet op NaturellengrondStam (taalkunde)Geskiedenis van AfrikaansOlifantRina HugoVolksrepubliek ChinaNatuurbewaringKalenderPastoorHernubare energieBruin menseC.J. LangenhovenSlangGroot GatGalblaasWikipediaZack du PlessisNierversakingMielieLidwoordStaatstoelaeElektrisiteitLimpopo (rivier)TelwoordWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaEllipstekenSekondêre sektor van die ekonomieMartin Luther King jr.SinsbouChatGPTJuraXhosasEngelsAfrikaanse Taalmonument (Welkom)EnsiklopedieSelfstandige naamwoordEkologieVoedselkettingSonnestelselRooibloedselLimfvatstelselNeurenberg-verhoreMetafoorJeuksiekteNamibiëDeelteken en umlautBestaansboerderyKernkragHomofoonDuitslandGeelslangOnderhandelinge om apartheid te beëindigDesmond TutuWiki🡆 More