Bonnievale

Bonnievale is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, en is in 1922 gestig.

In 2011 het die dorp 'n bevolking van 9 092 gehad, waarvan 974 (10,7%) Blank was.

Bonnievale
Die ou spoorwegstasie op Bonnievale
Die ou spoorwegstasie op Bonnievale
Bonnievale is in Wes-Kaap
Bonnievale
Bonnievale
Bonnievale Bonnievale se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°55′39″S 20°6′2″O / 33.92750°S 20.10056°O / -33.92750; 20.10056 20°6′2″O / 33.92750°S 20.10056°O / -33.92750; 20.10056
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikKaapse Wynland
MunisipaliteitLangeberg
Stigting1922
Oppervlak
 • Totaal27,07 km2 (10,45 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal9 092
 • Digtheid336/km2 (870/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense10.7%
 • Indiërs/Asiërs0.2%
 • Bruin mense75.3%
 • Swart mense11.1%
 • Ander2.7%
Taal (2011)
 • Afrikaans89.7%
 • Xhosa6.0%
 • Engels1.7%
 • Suid-Sotho1.3%
 • Ander2.2%
Skakelkode023

Geskiedenis

Die dorp is gestig nadat Christopher Rigg 'n stuk grond langs die Breederivier gekoop het met geld wat hy op die Barbertonse goudvelde verdien het. Die grond was oorspronklik bekend as Bosjesmansdrift. Hy het 'n besproeiingskanaal vanuit die rivier aangelê.

In 1902 is daar 'n spoorweghalte naby die dorp gebou op die KaapstadPort Elizabeth-spoorlyn met die naam van Vale. Rigg het sy grond onderverdeel, die erwe verkoop en die dorp Bonnievale genoem na die stasie. In 1917 het die stasie ook die naam aangeneem.

Wapen

Bonnievale se munisipale raad het in 1961 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer: In silwer, twee golwende blou pale vergesel van twee druiwetrosse van natuurlike kleur; 'n hoekige rooi skildhoof belaai met nege goue pennings geplaas 5 en 4. Die helmteken was 'n goue gaande griffioen, en die wapenspreuk "Diens - toewyding - geloof".

Distrik

Die distrik is bekend vir sy muskadelwyne, sjerrie en brandewyn. Geelperskes, appelkose en kaas word ook verbou in die distrik. Daar is drie koöperatiewe wynkelders in die distrik.

Noemenswaardige boorlinge

Sien ook

Bronne

Verwysings

Tags:

Bonnievale GeskiedenisBonnievale WapenBonnievale DistrikBonnievale Noemenswaardige boorlingeBonnievale Sien ookBonnievale BronneBonnievale VerwysingsBonnievaleSuid-AfrikaWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SoortnaamPlaattektoniekKaapstadse waterkrisis 2015-2018KoorsblaarSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994VigsDroogteBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Oplossing (chemie)DermpoliepAardbewingWiskundeMagneetLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)22 NovemberPubliekLys van hoofstedeOrtopediePablo PicassoSimboolJan van RiebeeckWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaLys van slangeHartseerVrouMiskruierPapierMurunwa MakwarelaSuid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie3D-rolprentWebwerfMoedersdagLys van musiekinstrumente23 AprilKlereSkilpadByvoeglike naamwoordMandalaSoweto-opstandSeksVeerAppel (sanger)Kongo-krisisMetaalIndustriële RevolusieOlifantAfleiding (taalkunde)HadedaHeks van HexrivierSatellietErektiele disfunksieDialoog in fiksieHeelgetalGalblaasGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaByung-Chul HanDirekte en Indirekte redeRooilipslangNatuurbewaringMenslike seksuele gedragHolocaustBlaarJoodse kalenderKrugerwildtuinGeweldDonderstormKoos du PlessisBrongitisTsoenamiPerdPersoon (taalkunde)IsraelLys van Afrika-landeKlavierMenstruasie🡆 More