Die Bloulint-nooientjie (Chrysiptera brownriggii) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal.
In Engels staan die vis bekend as die Blueribbon damsel.
Bloulint-nooientjie | |
---|---|
Volwasse vis te Réunion | |
Onvolwasse vis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Chrysiptera |
Spesie: | C. brownriggii |
Binomiale naam | |
Chrysiptera brownriggii (Bennett, 1828) |
Die vis word tot 7 cm lank. Die kleur van die onvolwasse en volwasse visse verskil wesenlik. Die volwasse vis is geelbruin tot donkerbuin en daar is 'n breë wit vertikale baan deur die middel en ook een op die stertvin se basis. Daar is ook 'n geel vlek of streep op die kieue deksel en geelkol met blouring om op die agterkant van die dorsalevin.
Die onvolwasse vis het 'n geelbruin lyf met 'n neon blou streep vanaf die snoet tot by die stertvin se basis. Daar is ook twee klein ovaalvormige swart kolle op die agterkant van die dorsalevin. Die dorsalevin het 'n rooi rant.
Die vis leef in rots kusareas, die plat gedeeltes van riwwe en in gety poele in water wat tot 12m diep is. Hulle verkies onstuimige water waar hulle as alleenlopers of klein groepies voorkom. Hulle vreet alge en klein ongewerweldes.
Die onvolwasse vis verloor sy kleur in 'n akwarium.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bloulint-nooientjie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.