Beyoğlu

Beyoğlu (Turks: Bejoɣlu) is ’n distrik aan die Europese kant van Istanboel, Turkye, wat van die historiese skiereiland van die ou Konstantinopel afgesny word deur die Goue Horing.

In die Middeleeue was dit in Grieks bekend as Pera ("Oorkant"), en dié naam is algemeen gebruik voor die stigting van die Republiek van Turkye in 1923.

Beyoğlu
İstiklal Caddesi in Beyoğlu.
Beyoğlu
Die Galata-toring.

Die distrik sluit ander buurte noord van die Goue Horing in, soos Galata, Karaköy, Şişhane, Tepebaşı, Tarlabaşı, Dolapdere en Kasımpaşa. Dit het die aktiefste kuns-, vermaak- en naglewe in Istanboel.

Die gebied word duisende jare al bewoon, maar het vanaf die 5de eeu bebou geraak as deel van Bisantium. Dit was in dié tyd bekend as Galata, en ’n fort is daar gebou, waarvan nog net die Galata-toring oor is.

Die moderne Beyoğlu is ’n vermaak- en inkopiedistrik vir plaaslike inwoners sowel as buitelandse besoekers.

Die bekende İstiklal Caddesi (İstiklal-laan), ’n gewilde inkopiestraat wat vir verkeer gesluit is en oploop na die bekende Taksim-plein, is in dié gebied. Weerskante van die laan is restaurante, kafees, kroeë, winkels, wynhuise en klubs, asook teaters, bioskope en kunsgalerye.

Parallel daarmee loop die wye Tarlabaşı Caddesi, wat die meeste van die verkeer deur die gebied dra. Dit is in die 1980's gebou en verskeie historiese geboue is daarvoor gesloop. Weerskante van dié laan is steeds historiese geboue, onder andere kerke.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Beyoğlu

Eksterne skakels

Tags:

EuropaGoue HoringGrieksIstanboelKonstantinopelMiddeleeueTurksTurkye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PannekoekMcDonald'sHondsdolheidZirk BerghGetalWerkersdagVolstruisGemsbokMusiekPeach van PletzenGompouHartversakingGravis-aksenttekenEmosieBoer Soek 'n VrouNepotismeAnus20Bernice WestCyril RamaphosaKatoenLukasrandtoringMuisvoëlVulkaanDuitse maselsMiltKwikstertjieAppel (sanger)Richard van der WesthuizenPerineumSebokengLuiperdLugbesoedelingJohannesburgKlimaatNatuurlike hulpbron2022Klem-in-die-kaakGriekelandOttomaanse RykPenetrasieSeksueel oordraagbare infeksieHorlosieLys van persone in die BybelMenseregteSelfmoordGeskiedenis van erotiese afbeeldingsAai Aai die WitborskraaiStollingsgesteenteVerenigde koninkrykKremetartGeorge BallotGewone mossieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaPseudowetenskapDroogteKappie (skryfteken)VoorsetselVolhoubaarheidSeksuele omgangSeksualiteit in antieke RomeLieweheersbesieRobert SobukweSalamanderGroepsdrukBart SimpsonParingPeriodieke tabelTrigeminale neuralgieRooikophoutkapperAsemhalingAlan RickmanKrimpvarkie🡆 More