Taksim-Plein

Taksim-plein (Turks: Taksim Meydanı) is in die hartjie van die Europese deel van Istanboel, Turkye, geleë.

Dit is ’n belangrike toeriste- en vermaakterrein wat bekend is vir sy restaurante, winkels en hotelle. Dit word beskou as die hart van moderne Istanboel en bevat die Republiekmonument (Cumhuriyet Anıtı), wat in 1928 gebou is en die stigting van die Republiek van Turkye herdenk.

Taksim-Plein
Uitsig oor Taksim-plein vanaf Burger King.

Taksim, van die Arabiese woord taqṣīm, beteken verdeling of verspreiding. Dit was oorspronklik die plek waar die water van die noorde van Istanboel verdeel en na ander dele van die stad versprei is.

Vandag is Taksim-plein ’n belangrike vervoersentrum en ’n gewilde bestemming vir sowel toeriste as plaaslike bewoners. İstiklal Caddesi, ’n lang wandellaan, eindig by die plein, en ’n ou trem loop van die plein met die laan langs na die Tünel, wat die wêreld se tweede oudste ondergrondse spoorlyn is ná die Londense moltrein. Rondom die plein is talle reisagentskappe, hotelle, restaurante, kroeë en internasionale kitskosplekke soos Pizza Hut, McDonald's en Burger King.

Dit is ook ’n gewilde plek vir openbare geleenthede soos parades, vierings en selfs protesoptogte.

2013-betogings

Taksim-Plein 
Betogers in Junie 2013 in Taksim-plein.

Taksim Gezi-park is aan Taksim-plein geleë en is ’n klein groen eiland in die betonoerwoud. In 2013 het die Istanboelse munisipaliteit begin om die park te sloop om nog ’n winkelkompleks te bou. Duisende mense het sedert 26 Mei 2013 daarteen betoog en pleks van samesprekings te voer, het die regerende Regs-en-Ontwikkelingsparty geweld gebruik om die ontwikkeling van die kompleks te verseker. Die polisie het fisieke geweld, waterkanonne en pepersproei gebruik om die betogers uiteen te jaag.

Die betogers het ook die eerste minister van die afgelope 10 jaar, Recep Tayyip Erdoğan, gekritiseer vir sy hardvogtige standpunt oor die kwessie en vir die oormatige gebruik van geweld deur die polisie. Die betogings het ook na tientalle ander Turkse stede versprei en het uitgebrei om talle ander kwessies in te sluit. Oral is mense in hegtenis geneem en geweld gebruik om die opstand beëindig. Die betogings het tot in 2014 voortgeduur.

Verwysings

Eksterne skakels

28°59′09″O / 41.03694°N 28.98583°O / 41.03694; 28.98583

Tags:

1928EuropaIstanboelTurksTurkye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Langste woordBorskankerBlourokkeWeer (meteorologie)Chemiese elementKatNederlandYouTubeHemelBesemPeriodieke tabelBevolkingPoesSlangAfrikaVolhoubaarheidGordelroosEufemismeRugbyPortugeesVlag van Suid-AfrikaKhoisanHolocaustKoronavirusVeselLuiperdRefentse MorakeGeelhoutAntoniemVeelrassige pornografieKlinkerNazi-DuitslandRassismeVideoKonsonantLiesbreukMisdaadVerkleinwoordSkerpioenKlimaatveranderingC.J. LangenhovenSewe doodsondesLieweheersbesieRamsar-vleilande in Suid-AfrikaKriek7de LaanNatriumperoksiedRekenaarNoFapNag van die lang messeEnsiklopedieSportPrikkelbaarheid (biologie)Afrikaanse WikipediaNiemetaalProstaatkankerElandréInligtingBurgerregteAlbert EinsteinNedersettingWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVloeistofHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalFrankrykPornografiese subgenresShakaPaasfeesPornografiese akteurWoordeskatGewoonteregHeupKasteel die Goeie HoopSelfoon🡆 More