Plante Beweging

Die meeste plantbewegings is reaksies op prikkels van buite, maar inwendige faktore kan ook ʼn rol in die beweging van plante speel.

Laer plante, soos bakterieë en wiere, kan net soos diere selfstandig voortbeweeg. Hoewel hoër plante nie van een plek na 'n ander kan beweeg nie, kan hulle wel bewegings uitvoer.

Voortbeweging is nie net 'n eienskap van diere nie, maar ook van die laer plante soos bakterieë, blouwiere en die spore van skimmels, wat aktief kan swem of kruip. Nog 'n manier waarop hierdie laer plante hulself van een plek na 'n ander kan verplaas, is deur plasmastroming en die uitstoot van klein slymproppies. Op hierdie manier kry die plantjie 'n tipe straalaandrywing. Hierdie soort plantbeweging word gewoonlik takse genoem. Afhangende van die prikkel wat die beweging veroorsaak, word gepraat van chemotakse (chemiese prikkel) en fototakse ('n ligprikkel). Sulke bewegings, wat daartoe aanleiding gee dat die plante van posisie verander, kan nie deur hoër plante uitgevoer word nie.

In die geval van hoër plante is dit veral dele of organe van die plant wat baie stadig en onopsigtelik bewegings uitvoer. Voorbeelde hiervan is die oop- en toevou van blomme en die buig van stingels.

Bewegings wat nie deur 'n prikkel veroorsaak word nie, maar spontaan gebeur, word outonome beweging genoem. Dit is moeilik om te bepaal in hoeverre daar wel van outonome beweging gepraat kan word, omdat 'n hele aantal bewegings wat oënskynlik spontaan Iyk, deur swaartekrag beïnvloed word. 'n Voorbeeld hiervan is die spontane, reëlmatige slingerbeweging van die groeipunt van 'n stingel, veral in die geval van rankplante.

Indien die beweging van die plant deur lig veroorsaak word, word dit fototropie genoem. Indien die beweging deur swaartekrag veroorsaak word, word daar van geotropie gepraat. Onder die invloed van swaartekrag groei wortels altyd na onder en stingels na bo.

Baie plante voer die een of ander beweging uit as iets daaraan raak. 'n Interessante voorbeeld hiervan kan by die kruidjie-roer-my-nie (Mimosa pudica) gesien word. Hierdie plant se blaartjies vou toe as 'n mens daaraan raak.

In baie gevalIe is beweging by hoër plante turgorbewegings. In die dele van die plant waar die sogenaamde gewrig van die plant (pulvinus) voorkom wat die skarnierbewegings moontlik maak, is daar groot dunwandige selle met groot vakuole. Die deurlaatbaarheid van hierdie spesiale gewrigselle kan onder die invloed van 'n prikkel, soos byvoorbeeld temperatuursverandering, 'n verandering in die ligintensiteit en aanraking, verander, sodat hierdie selle water aan die omliggende selle afgee en sodoende pap word. Die plant sal nou in die omgewing van sy gewrigselle begin vou as gevolg van die swaartekrag of druk van die aangrensende selle.

Bronnelys

Tags:

DierPlant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PerdVerdampingNadine BlomWaterpokkiesAnale kankerParoniemKlimaatveranderingJakarandaDriedimensioneelJohn Brown (aktivis)VarkgriepNierversakingBywoordDikdermJeuksiekteKatLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameBurgerregteSeksismeVoorvoegselEjakulasieKlimaatsverandering in Suid-AfrikaWaarheid-en-versoeningskommissieKrokodilMuskietMangelontstekingHibernasieAnale seksAfrikaanse taalleerSprokieVlieg (dier)BynierAfrikaanse woordelys en spelreëlsLeonardo da VinciEreksieSoweto-opstandSlakWoordeboekVolhoubaarheidMartin Luther King jr.Carles PuigdemontHugenootRekenkundige ryNagapieTafelbergWet op NaturellengrondMetafoorViëtnamoorlogKultuurVoortrekkersWiskundige terminologieJeugdagGemeenskapsorganisasieOrtopedieUitwerking van klimaatsveranderingSwart menseLongSeksueel oordraagbare infeksieVryheidsdagAnrich HerbstLieweheersbesieAdolf HitlerXHTMLOnderhoudGalileo GalileiJapanAsjantirykSteenkoolMiskruierJazzArmoedeHartaanvalBlourokkePaddaVoortrekkermonumentVolkspeleGrootste rampe in Suid-AfrikaMorfologie (taalkunde)🡆 More