Allan Gray: Suid-Afrikaanse filantroop en sakeman

Allan Gray (8 April 1938, Oos-Londen, Suid-Afrika – 10 November 2019, Bermuda) was ’n Suid-Afrikaanse filantroop en sakeman wat in 2013 as die tweede rykste mens in Afrika beskryf is.

Allan Gray: Suid-Afrikaanse filantroop en sakeman
Allan Gray Limited se kenteken.

Sy welvaart is in Oktober 2013 op VS$8,5 miljard (destyds sowat R85 miljard) geraam, wat hom aansienlik ryker gemaak het as bekende welgesteldes in Suid-Afrika soos Nicky Oppenheimer, Johann Rupert en Christo Wiese. Gray laat hom selde afneem, hy staan nie mediaonderhoude toe nie en vermy publisiteit sover hy kon. Daarom is selde oor die rykste Suid-Afrikaner geskryf of berig, al was hy die stigter van een van die suksesvolste finansiële instellings in die land.

Dit is nietemin bekend dat Gray in Oktober 2013 75 jaar oud was en dat hy in Oos-Londen gebore is. Ná sy voorgraadse studie aan die Rhodes-universiteit het hy op die ouderdom van 22 jaar as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer en altesaam vier jaar vir die rekeningkundige firma Deloitte in sowel Kaapstad as Johannesburg gewerk. Nadat hy hy 'n ruk lank in Londen was, het hy in 1965 'n MBA aan Harvard se Sakeskool verwerf. Daarna het hy agt jaar deurgebring by Fidelity Fund Management and Research in Boston, Massachusetts. Ná sy terugkeer in Suid-Afrika in 1973 het hy hom in Kaapstad gevestig en Allan Gray Limited gestig.

Hierdie beleggingsmaatskappy het reeds in 2013 sowat R300 miljard se sake namens miljoene kliënte behartig. Nog R200 miljard is destyds bestuur deur Orbis, ’n batebestuursmaatskappy gesetel op Bermuda, waar Gray en sy gesin gewoon het, hoewel hy sy Suid-Afrikaanse burgerskap behou het.

Gray het die Allan Gray Orbis-stigting in 2005 gestig omdat hy entrepreneurskap as ’n integrale deel van die ekonomiese vooruitgang van enige land beskou. Dié beskouing spoor Gray se filantropiese bydraes aan. Die hoofdoelwit van die stigting is die ontwikkeling van entrepreneurs deur die Allan Gray-beurs en Allan Gray-genootskappe.

Allan Gray Limited en Orbis Investment Management, albei deur Gray gestig, finansier die stigting se aktiwiteite. Minstens sewe persent van Allan Gray Limited se belasbare wins word aan die stigting geskenk. Voorts bied ’n bydrae van R1,15 miljard, wat Gray in sy persoonlike hoedanigheid in 2007 geskenk het, verdere finansiële sekuriteit aan die stigting in gevalle wanneer Allan Gray Limited se wins wisselvallig is.

'n Vrouekoshuis van Rhodes-universiteit, Allan Gray House, wat in 1992 in gebruik geneem is, is na hom genoem nadat hy of sy maatskappy die geld vir die oprigting daarvan geskenk het. Dit bied huisvesting aan 85 studente en is deel van Drostdy Hall.

Hy was getroud met Gill, vir meer as 50 jaar, en hulle het drie kinders, Trevor, Jenny en Will. Hy laat sewe kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.

Gray is op Sondag, 10 November 2019 in die ouderdom van 81 aan 'n hartaanval in Bermuda oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AfrikaBermudaFilantroopOos-LondenSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SimboolKatPesachVakbondSoortnaamWetenskaplike klassifikasieAfrikaanse TaalmonumentHemelvaartBrandmondsindroomMusieksimboleHeidelberg, GautengStadLys van musiekinstrumenteDramaHindoeïsmeTuberkuloseIdioomSuid-Afrikaanse InkomstediensElektrolietLys van slangeSuid-Afrikaanse WeermagSeksWêreldboekedagOplossing (chemie)SkaakVrouLys van bekende Suid-AfrikanersSint JorisdagLys van kinderspeletjiesDolfynMiltErosietipesSuurreënVolhoubaarheidEmfiseemKolonoskopieDermpoliepEskomKommaGeldDialoog in fiksieHulpwerkwoordXhosaGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaFraktuurUnited Democratic FrontAvbobKrapNatriumsulfietKunselementeAl-FatihaEjakulasieKlavierGeskiedenis (vakgebied)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeTransatlantiese slawehandelBrandbergPenisOutismeOudtshoornCarles PuigdemontWikiHartseerMieliePerdVoorvoegselWapen van NamibiëDiepaartromboseSeksuele opwekkingRefentse MorakeYslandMynbouRussiese inval in Oekraïne sedert 2022BlaarMagsverheffing🡆 More