Nicky Oppenheimer

Nicholas Nicky F.

Oppenheimer (gebore 8 Junie 1945) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman en filantroop. Hy was voorheen die voorsitter van die De Beers-diamantmynmaatskappy en van sy filiaal, die Diamond Trading Company, asook die voormalige visevoorsitter van die Anglo American-korporasie.

Nicky Oppenheimer
Nicky Oppenheimer
Oppenheimer in 2006.
Gebore
Nicholas Frank Oppenheimer

8 Junie 1945 (1945-06-08) (78 jaar oud)
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSakeman
Nywerheidsmagnaat
Bekend virFilantroop
EggenootOrcillia Lasch
KindersJonathan Oppenheimer
Ouer(s)Harry Oppenheimer
Bridget Oppenheimer (née McCall)
GeloofAnglikaans

Vroeë lewe

Nicky is die seun van Bridget (née McCall) en Harry Oppenheimer, en kleinseun van sir Ernest Oppenheimer, die stigter van Anglo American en die eerste generasie van die familie om (vanaf 1929) die voorsitterstoel te beklee van die De Beers Diamond Mining Company in Suid-Afrika, wat in 1888 deur Cecil John Rhodes gestig is. Hy het onderrig ontvang by Harrow School en Christ Church, Oxford, met die vakrigtings filosofie, politiek en ekonomie en het 'n meestersgraad aan die Oxford-universiteit behaal.

Sakeloopbaan

Nicky het in 1968 by die Anglo American Corporation aangesluit, en is in 1974 as 'n direkteur aangestel. In 1983 word hy die visevoorsitter. Hy het in 2001 uit dié pos bedank, maar tot 2011 aangebly as 'n nie-uitvoerende direkteur van die Anglo American-raad.

In 1984 is hy aangestel as visevoorsitter van die Central Selling Organisation (nou bekend as die Diamond Trading Company) en die volgende jaar, as visevoorsitter van De Beers Consolidated Mines. Ook in 1985 is hy aangestel as voorsitter van die Diamond Trading Company. Hy was voorsitter van die De Beers-groep van 1998 tot 2012, waarna hy afgetree het. Die familie se aandeel is toe aan Anglo American verkoop.

Filantropie

Die filantropiese Oppenheimer-familie maak erns met die bewaring van die erfenis en kulturele belangrikheid van die suidelike Afrikastreek. Hulle maak dit ook hul taak om die breë gemeenskap op te hef met betrekking tot onderwys, gesondheid, natuurbewaring en die kunste. Nicky en sy seun, Jonathan Oppenheimer, het die Brenthurst-stigting in 2005 tot stand gebring as 'n manier om by te dra tot die debat rakende strategieë en beleid vir die bevordering van Afrika se ekonomiese prestasie en om inklusiewe en volhoubare ontwikkeling te bewerkstellig. Die familie is ook al lank betrokke by omgewings- en natuurbewaringskwessies. Die Oppenheimer-familie het in 2006 met De Beers saamgespan en die Diamantroete gevestig waarmee hulle hul eiendomme se potensiaal ten beste wou aanwend vir bewarings-, navorsings- en omgewingsbewustheidsdoeleindes. Die Diamantroete behels agt gebiede oor Suid-Afrika heen. Dit strek van Namakwaland aan die weskus, tot in Kimberley, dan noordwaarts na Tswalu in die Kalahari, vandaar na die Brenthurst-tuine in Johannesburg, dan ooswaarts na die Ezemvelo-natuurreservaat en laastens noordwaarts na die Venetia Limpopo-natuurreservaat in die Limpopo Provinsie.

Toekennings

In 2003 het die Technikon Witwatersrand in Suid-Afrika 'n doktorsgraad in tegnologie, honoris causa, aan hom toegeken. Dit was die eerste keer dat dié technikon so 'n graad aan 'n persoon toeken, hetsy in die openbare of privaatsektor. Hy het ook die Presidensiële Ere-orde (2004) van die voormalige president van die Republiek van Botswana Festus Mogae, asook 'n eregenoot (2009) van die London Business School ontvang.

Persoonlike lewe

Hy is in 1968 getroud met Orcillia "Strilli" Lasch, dogter van die nywerheidsmagnaat Helli Lasch. Die egpaar is albei Anglikane. Sy pa is Joods gebore, maar het later 'n Anglikaan geword.

Publikasies

  • Over, Luke; Oppenheimer, Nicky; Tyrrell, Chris (illustreerder) (2001). Waltham Place: and its Surrounding Parish. ISBN 0-9541669-0-6. Nicholas Oppenheimer (November 2001).

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Nicky Oppenheimer Vroeë leweNicky Oppenheimer SakeloopbaanNicky Oppenheimer FilantropieNicky Oppenheimer ToekenningsNicky Oppenheimer Persoonlike leweNicky Oppenheimer PublikasiesNicky Oppenheimer Sien ookNicky Oppenheimer VerwysingsNicky Oppenheimer Eksterne skakelsNicky OppenheimerAnglo American-korporasieDe BeersSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Finale OplossingMenstruasieDulcie van den BerghBergen-Belsen-konsentrasiekampSkerpioenPuberteitHoenderWiki CommonsNasionale VrouedagLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBlaarSonLettergreepBywoordElektrisiteitsvoorsieningOseaanbesoedelingVergelykings (taalkunde)Wynand StrydomCSSMuskietMondMusieksimboleNeurenberg-verhoreStresHarry KerrOorstromingKolitisAbstraksie (rekenaarwetenskap)GrondbesoedelingWet op NaturellengrondOnderhandelinge om apartheid te beëindigWieg van die MensdomSonsteekCristiano RonaldoAntjie KrogOntkiemingSpelerposisies in rugbyAnrich HerbstDermpoliepOu Apostoliese KerkAdolessensieWolkAlkoholismeNadia ValvekensWilna SnymanAnglo-BoereoorlogNederduitsch Hervormde KerkNetbalTsoenamiEkonomieTydOrale seksOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAborsie in Suid-AfrikaFinansiële staatLeonardo da VinciNylrivierElandréJansenvilleReënTaalDokterPêrelNatuurbewaringJodeMonopolieBruin menseHeidelberg, GautengKhoikhoiMaatskappyLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandBloedsomloopstelselMagnesiumKunsmatige intelligensieMoedersdagRonelda KamferTrekarbeidOnomatopee🡆 More