Alfred Tennyson, 1ste Baron Tennyson (6 Augustus 1809 – 6 Oktober 1892), was 'n Britse digter.
Hy was die Digter-laureaat van die Verenigde Koninkryk gedurende 'n aansienlike deel van Koningin Victoria se bewind, en is steeds een van die gewildste Britse digters. In 1829 is die goue medalje van die kanselier in Cambridge aan hom toegeken vir een van sy eerste stukke getiteld, "Timboektoe". Hy publiseer in 1830 sy eerste digbundel getiteld "Poems Chiefly Lyrical". "Claribel" en "Mariana", wat steeds van Tennyson se mees gevierde gedigte is, is in die bundel opgeneem. Alhoewel sy werk deur sommige kritici as té sentimenteel gesien is, het dit vinnig gewild geraak en die aandag getrek van bekende skrywers van sy dag, waaronder Samuel Taylor Coleridge. Tennyson se vroeë poësie, met sy middeleeuse en kragtige visuele beelding, het 'n groot invloed op die Broederskap van die Pre-Rafaëliete gehad.
Alfred Tennyson
Alfred Tennyson, 1ste Baron Tennyson, deur George Frederic Watts (1817–1904)
Tennyson was ook vernuftig in die skryf van kort lirieke, soos "Break, Break, Break", "The Charge of the Light Brigade", "Tears, Idle Tears", en "Crossing the Bar". 'n Groot deel van sy verse is gebaseer op klassieke mitologiese temas, soos die Odussee, alhoewel "In Memoriam AHH" geskryf is om sy vriend Arthur Hallam, 'n tydgenoot en student aan Trinity College, Cambridge, te gedenk, nadat hy op 22-jarige ouderdom aan 'n beroerte oorlede is. Tennyson het ook ander noemenswaardige gedigte geskryf soos "Idylls of the King" en "Tithonus". Gedurende sy loopbaan het Tennyson drama probeer skryf, maar sy toneelstukke het weinig sukses behaal.
'n Aantal frases uit Tennyson se werk het 'n algemene plek in die Engelse taal verkry, insluitend "Nature, red in tooth and claw" (In Memoriam AHH), "'Tis better to have loved and lost / Than never to have loved at all", "Theirs not to reason why, / Theirs but to do and die", "My strength is as the strength of ten, / Because my heart is pure", "To strive, to seek, to find, and not to yield", "Knowledge comes, but Wisdom lingers", and "The old order changeth, yielding place to new". Hy is die negende mees aangehaalde skrywer in The Oxford Dictionary of Quotations.
"Now Sleeps the Crimson Petal" – dit verskyn later as 'n lied in die 2004 rolprent Vanity Fair, met 'n musikale rangskikking deur Mychael Danna
"Tears, Idle Tears"
"In Memoriam A.H.H." (1849)
"Ring Out, Wild Bells" (1850)
"The Eagle" (1851)
"The Sister's Shame"
Uit Maud; A Monodrama (1855/1856)
"Maud"
"The Charge of the Light Brigade" (1854) – 'n vroeë opname hiervan, voorgelees deur Tennyson, bestaan steeds
"Idylls of the King" (1859–1885; geskryf 1833–1874)
Uit Enoch Arden and Other Poems (1862/1864)
"Enoch Arden"
"Tithonus"
"Flower in the Crannied Wall" (1869)
The Window – liederesiklus saam met Arthur Sullivan (1871)
Harold (1876) – na Koning Harold II van Engeland
Montenegro (1877)
The Revenge: A Ballad of the Fleet (1878) – oor die skip Revenge (1577)
Becket (1884)
Crossing the Bar (1889)
The Foresters – 'n blyspel met insidentele musiek deur Arthur Sullivan (1891)
Chiefess Kapiolani (Na sy dood gepubliseer deur Hallam Tennyson)
Verwysings
Bibliografie
Alfred, Lord Tennyson (1989). Tennyson: A Selected Edition. Kalifornië: Universiteit van Kalifornië Drukkers ISBN 0520065883 (hardeband) of ISBN 0520066669 (sagteband) Geredigeer met 'n inleiding en notas deur Christopher Ricks. Seleksies uit die definitiewe uitgawe The Poems of Tennyson, met voordragte deur die Trinity MSS; lang werke soos Maud en In Memoriam A. H. H. is in die geheel daarvan gedruk.
Eksterne skakels
Leslie, Stephen (1898). "Life of Tennyson" . Studies of a Biographer. Vol. 2. Londen: Duckworth and Co. pp. 196–240.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Alfred Tennyson, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.