Advaita Vedanta

Advaita Vedanta (Sanskrit: अद्वैत वेदान्त Advaita Vedānta, letterlik niedualiteit) is ’n skool van Hindoefilosofie en ’n klassieke stelsel van spirituele bewuswording in die Indiese tradisie.

Die term "Advaita" verwys na die idee dat slegs Brahman eindelik werklik is; die waarneembare, verganklike wêreld is ’n denkbeeldige verskyning van Brahman – en die ware self, of atman, verskil nie van Brahman nie.

Advaita Vedanta
Adi Shankara, die belangrikste voorstander van Advaita Vedanta.

Advaita Vedanta se wortels word teruggespeur na die oudste Upanishads. Dit steun op drie teksbronne bekend as die Prasthanatrayi, wat ’n verenigde vertolking gee van al die Upanishads, die Brahma Sutras en die Bhagavad Gita. Dit is die oudste bestaande subskool van Vedanta, wat een van die ses ortdokse Hindoefilosofieë is. Die bekendste voorstander van Advaita Vedanta was die 8ste-eeuse geleerde Adi Shankara.

In Advaita Vedanta word geklem gelê op die idee dat moksha (vryheid, bevryding) in hierdie lewe bereik kan word, in teenstelling met ander Indiese filosofieë wat klem lê op moksha ná die dood. Die skool gebruik begrippe soos Brahman, atman, maya (illusie) en dhyana wat in ander Indiese godsdienstradisies aangetref word, maar wend dit op sy eie manier aan vir sy teorieë oor moksha. Dit is een van die bes bestudeerde en invloedrykste skole van klassieke Indiese denke. Baie geleerdes beskryf dit as ’n vorm van monisme, terwyl ander dit beskryf as niedualisties.

Advaita het verskeie tradisies en geskrifte oor Hindoefilosofieë beïnvloed en is self deur hulle beïnvloed, soos Samkhya, Yoga en Nyaya, asook ander subskole van Vedanta, Vaishnavisme, Shaivisme, die Puranas, die Agamas, sowel as sosiale bewegings soos die Bhakti-beweging. Dit hang saam met ander tradisies van Indië soos Djainisme en Boeddhisme.

Verwysings

Bronne

Skakels

  • Advaita Vedanta  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Atman (Hindoeïsme)BrahmanHindoeIndiëSanskrit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lien se lankstaanskoeneOseanografieOmtrek, oppervlakte en volumeOu Apostoliese KerkPlastiekJohannesburgReënspinnekopGoudJode in Suid-AfrikaKlimaatsverandering in AfrikaGeskiedenis van AfrikaansVerlede tydLys van veltoestandeVolksrepubliek ChinaGroot GatVulkanismeUniondaleVisAngolaAfrikaRuan PienaarLangste woordPubliekVerenigde KoninkrykOntbossingAntoniemWetenskapSanskritKersfeesNeurenberg-verhoreHeelgetalSeksposisieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidNetbalOlimpiese SomerspeleNarsistiese persoonlikheidsteuring7de Laan20ste eeuVerkleurmannetjieHeks van HexrivierAlkoholismeGeskiedenis van Suid-AfrikaHoofkarakterPropagandaBeaufortskaalKolitisHematurieKalsiumSeksismeLimfvatstelselWiki CommonsGrondsoorteTydGrondbesoedelingKweekhuisgasAngssteuringWaarheid-en-versoeningskommissieBynierAfrikaanse taalleerVraag en aanbodVolhoubaarheidGeografie van Suid-AfrikaSeksuele penetrasieC.J. LangenhovenJeugdagGoogle MapsBelastingEuropaGautengSwawelPiesangWikipediaMenslike skeletOlimpiese Somerspele 2024PseudowetenskapGeelslang🡆 More