Noag se ark (Hebreeus: תיבת נח; Bybelse Hebreeus: Tevat Noaḥ) was volgens die Bybelse boek Genesis 'n groot skip wat Noag vir sy gesin en 'n paar van elke dier op aarde gebou het om die sondvloed wat die ganse wêreld oorstroom het, te oorleef.
Daar was agt mense op die ark: Noag, sy vrou en hulle drie seuns en skoondogters.
Volgens Genesis het God Noag 'n bevel met instruksies gegee om die ark te bou. Sewe dae voor die vloed het God Noag beveel om die ark saam met sy gesin en diere te betree. Die verhaal beskryf verder dat die ark die vloed weerstaan het, en uiteindelik soos die waters weggesyfer het, het dit tot rus gekom op die berg Ararat.
Die storie word herhaal, met variases, in die Koran, waar die ark verskyn as Safina Nuh (Arabies: سفينة نوح "Noag se boot").
Die Genesis vloedverhaal is soortgelyk aan verskeie vloedmites van 'n verskeidenheid kulture. Die vroegste bekende vloedmite is die Sumeriese mite gevind in die Epos van Zisudra
Soektogte vir Noag se ark is gemaak sedert ten minste die tyd van Eusebius (c.275–339 VC) en duur tot vandag voort. Daar is tans geen wetenskaplike bewyse vir 'n wêreldwye vloed nie, ook met vele ekspedisies is geen bewys van die ark gevind nie.
Vandag is die Chinese karakter vir 'n groot boot 'n samestelling van drie prentjies:
Daar word beweer dat dit 'n verwysing is na die agt mense wat op die ark was.
Die ark word in die Ou Testament van die Bybel in Genesis 6-8 beskryf:
(11) Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld; (12) Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot. |
Hier volg die Bybelse tydlyn rondom die tyd van Noag se ark:
Datum (vC) | Jaar na Noag | Gebeurtenis | Kommentaar |
---|---|---|---|
2948 | 0 | Noag gebore | |
2969 | 0 | Noag word as profeet geroep | Dit was waarskynlik 120 jaar voor die vloed: Gen 6:3 Toe sê die Here: “My Gees sal nie meer so lank in die mens bly nie, want hy is sterflik. Sy lewensduur sal nou honderd en twintig jaar wees.” |
2448 | 500 | Jafet word gebore | Gen 5:32 Toe Noag vyf honderd was, het hy die vader geword van Sem, Gam en Jafet. |
2446 | 502 | Sem word gebore | Twee jaar na die vloed was Sem 100 jaar oud. Gen 11:10 Hier volg die familieregister van Sem. Toe Sem 100 was, het hy die vader geword van Arpaksad, twee jaar na die oorstroming. |
? | ? | God gee opdrag dat Noag die ark moet begin bou. | Die Bybel is nie spesifiek hoe lank Noag aan die ark gebou het nie. Alhoewel Noag reeds 120 jaar voor die sondvloed as profeet geroep is, noem die Bybel egter eers dat Noag se seuns gebore is (Gen 5:32 en Gen 6:10) voor hy die opdrag gekry het om die ark te bou (Gen 6:11 en verder). Daarom kan 'n mens aflei dat Noag minder as 100 jaar aan die ark gebou het. |
2348 | 600 | Sondvloed | Gen 7:6 Noag was ses honderd jaar toe die vloedwaters oor die aarde gekom het. |
1998 | 950 | Noag sterf | Gen 9:28 Na die oorstroming het Noag nog drie honderd en vyftig jaar geleef. Gen 9:29 Noag was dus nege honderd en vyftig jaar toe hy gesterf het. |
Vir 'n houtboot was die ark groot, maar nie onrealisties groot nie. Die volgende is 'n lys van die grootste houtskepe in die wêreld en hulle groottes:
Hierdie is egter klein in vergelyking met die grootste staalskepe vandag:
Baie mense (selfs Christene) glo dat die verhaal van Noag 'n mite is wat nie werklik gebeur het nie. Skeppingsleerders glo egter dat dit werklik gebeur het. Die volgende is vrae wat gewoonlik gevra word oor Noag se ark:
Wiki Commons bevat media in verband met Noah's Ark. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Noag se ark, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.