Hongkong Internasionale Lughawe

Hongkong Internasionale Lughawe (IATA: HKG, ICAO: VHHH), ook bekend as Chek Lap Koklughawe is die lughawe van Hongkong wat op Lantau-eiland by Chek Lap Kok gebou is, en in 1998 geopen het.

Dit is een van die voorste lughawens ter wêreld en het die "Wêreldlughawe van die Jaar" toekenning van Skytrax reeds 7 keer in 10 jaar gewen. Dit is die tuishawe van Cathay Pacific, Dragonair, Hong Kong Airlines, Hong Kong Express Airways en Air Hong Kong (vragdraer). Dit is die derde besigste lughawe in terme van die passasiers in Asië en die besigste in die wêreld in terme van vragverkeer.

Hongkong Internasionale Lughawe
Chek Lap Koklughawe
香港國際機場
赤鱲角機場
Hongkong Internasionale Lughawe
IATA: HKGICAO: VHHH
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Operateur Airport Authority Hong Kong
Bedien Hongkong
Ligging Chek Lap Kok, Hongkong
Spil vir
Fokuspunt vir
Hoogte bo seevlak 9 m / 28 vt
Webtuiste http://www.hongkongairport.com
Landkaart
HKG is in Hongkong
HKG
HKG
Ligging in Hongkong
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
07R/25L 3 800 12 467 Teer
07L/25R 3 800 12 467 Teer
Statistieke (2019)
Passasiers 71 541 000
Vrag (metrieke ton) 4 810 854
Lugbewegings 420 000
Bron: Hongkong Internasionale Lughawe

Die lughawe het 'n hoogs gevorderde snelweg- en spoorwegstelsel wat dit verbind met Hong Kongstad. Die bouprojek was een van die grootste in die wêreld en het op Discovery Channel se "Tien grootste moderne projekte van die wêreld" verskyn. Dit is ontwerp deur die bekende argitek Norman Foster. Die doel van die lughawe was om die opeenhoping van verkeer, wat die ou Kai Tak Lughawe nie kon hanteer nie, te verlig. Dit bly een van die beste lughawens in die wêreld, saam met Lughawe Singapoer Changi en Seoul se Incheon Internasionale Lughawe.

Die lughawe is kommersieel operasioneel sedert dit die voormalige Kai Tak Lughawe vervang het in 1998, en is 'n belangrike streeksoordragsentrum, passasiersmiddelpunt en toegangsbestemming vir China (met 44 bestemmings) en die res van Asië.

Die Hong Kong Internasionale Lughawe huisves ook van die wêreld se grootste passasiersterminaalgeboue (die grootste toe dit geopen het in 1998) en is een van die besigste lughawens in Asië. Die lughawe is een van die spille vir Oneworld Alliance, en een van die Asiatiese-Stille Oseaan vragspille vir UPS Airlines. Dit is 'n fokusstad vir vele rederye, waaronder China Airlines (Taiwan), China Eastern Airlines. Singapore Airlines, Ethiopian Airlines, Virgin Atlantic en Air India wat Hongkong as 'n halte gebruik vir hul onderskeie vlugte.

HKIL is 'n belangrike bydraer tot Hongkong se ekonomie, met ongeveer 65 000 werknemers. Meer as 100 lugdienste bedryf vlugte vanaf die lughawe na meer as 180 stede dwarsoor die wêreld. In 2013 het HKIL 59 900 000 passasiers hanteer, dit maak dit die elfde besigste lughawe wêreldwyd volgens passasiersverkeer. Dit het ook Memphis Internasionale Lughawe verbygesteek om die wêreld se besigste lughawe vir vragverkeer te word.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

1998Air Hong KongCathay PacificDragonairHong Kong AirlinesHong Kong Express AirwaysHongkongIATA-kodeICAOLughawe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mynbedryf van Suid-AfrikaTuberkuloseIronieMassaJohannes MeintjesArmoedeMadison IvySydneyKarakteriseringNatuurrampBynierSwaelCounter-Strike 2AardkorsWaterstofGalblaasPinksterLuiperdHondDepressie (gemoedstoestand)SoutsuurOrgasmeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaWoordeboek van die Afrikaanse TaalPoesOnomatopeeSeksuele penetrasieWitbloedselSuid-Afrika-Wet1990SendelingposisieLys van musiekinstrumenteNelson MandelaSonImmunologieLys van Afrikaanse skrywersKrokodilHipoteseWet op NaturellengrondVerenigde KoninkrykRacheltjie de BeerHortologieKoolhidraatNedersettingEk is 'n Afrikaan (toespraak)OligopolieCleopatra VIIMetafoorNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyProteïenDoelwitVarkgriepBoelieryBank (finansiële instelling)LetterkundeGeskiedenis van AfrikaansWoestynVerkragtingTydsoneSelfoonWetenskaplike klassifikasieKlankLugbesoedelingHerfsNetbalKinderregteBeleggingGriekwa-AfrikaansOmtrek, oppervlakte en volumeSebraRooibokGalileo GalileiPornografieSkaak🡆 More