Bosluis: Klein uitwendige parasiet wat tot die superfamilie Ixodoidea behoort

'n Bosluis is 'n klein uitwendige parasiet wat tot die superfamilie Ixodoidea behoort.

Hulle is verwant aan spinnekoppe en behoort saam met hulle tot die klas Arachnida. Bosluise lewe van die bloed van gewerwelde diere: hulle byt vas aan die vel van 'n mens of huid van 'n dier deur hulle haakvormige tande waar hulle dan ure of selfs dae van hul gasheer se bloed kan drink. Hulle kan ook verskeie ernstige siektes soos tifuskoors, loopgraafkoors, Rocky Mountain-koors, vlektifus en Lyme-siekte oordra.

Bosluis
Bosluis: Klein uitwendige parasiet wat tot die superfamilie Ixodoidea behoort
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Acarina
Superorde:
Parasitiformes
Orde:
Ixodida
Superfamilie:
Ixodoidea
Families

Ixodidae
Argasidae
Nuttalliellidae

Diversiteit
18 genera, ± 900 spesies
Bosluis: Klein uitwendige parasiet wat tot die superfamilie Ixodoidea behoort
'n Bosluis wat op 'n hond gesit het. Die penpunt is vir grootte-aanduiding.

'n Bosluis se byt is meestal nie pynlik nie, trouens, mens voel dit gewoonlik glad nie en sal slegs bewus wees van 'n bosluis wanneer dit op die vel raakgesien word. Verskeie soogdiere, reptiele en voëls is dikwels die teiken van bosluise.

'n Wyfie kan meer as 20 000 eiers op 'n slag lê nadat sy haar vol bloed gedrink het.

Bosluisbyte

Indien 'n bosluis met die vingers afgetrek word, is daar 'n gevaar dat ('n gedeelte van) die kop in die wond kan agterbly. Indien 'n olierige stof, soos petroleumjellie, op die bytplek aangebring word, sal die bosluis sy byt verslap, wat dit makliker maak om af te trek. Bytplekke moet altyd goed ontsmet word en, indien daar tekens van koors of infeksie is, moet 'n dokter geraadpleeg word.

Sien ook

Bronnelys

  • Bosluise in Wêreldspektrum, volume 23. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (Edms) Bpk.
  • Olivier, W. (2003). Staproetes in Suid-Afrika. Geïllustreerde uitgawe. Struik Uitgewers. ISBN 1-86872-789-0, 9781868727896

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erfenisdag (Suid-Afrika)Ontwikkelende landVaginaHoërskool Sentraal, BloemfonteinSpierRegering van Suid-AfrikaArmoedeGeskiedenis van die AardeDolfynDaggaKorrupsieAfrikaanse WikipediaRamsar-vleilande in Suid-AfrikaAalwynSelfmoordDesmond TutuKolonoskopieAfrikanernasionalismeTydNamibiëFransKultuurLieweheersbesieWiskundige terminologieDuitslandSkildklierGreen PornoAfrikaanse taalleerWiki CommonsChatGPTDemi Lee MooreOogproblemeMIV/vigs in Suid-AfrikaAuschwitz-konsentrasiekampWet op Verbod van Gemengde HuwelikeBybelLiefdeSimon PetrusWebbladsyXenofobieDataverwerkingWerkersdagOplossing (chemie)ISO 3166-1ChristendomPikkewynAnrich HerbstSlag van BloedrivierKweekhuisgasLabia (geslagsdele)WebjoernaalBTWVerkiesings in Suid-AfrikaNarsismeGewone breuke20ste eeuSamestellingNetbalReënGrondwet van Suid-AfrikaLeestekenKinderarbeidAfrikaansNamibiese volksmoord 1904-1908VerkoueGezina, PretoriaBiodiversiteitEskomAlliterasieBernice WestTsoenamiEerste WêreldoorlogNagapie🡆 More