Anrich Herbst: Suid-Afrikaanse akteur en stemkunstenaar
Anrich Herbst (* 1 November 1972– ) is ’n Suid-Afrikaanse akteur en stemkunstenaar.
Hy is veral bekend vir sy rol as Wimpie van Tonder in die sitkom Orkney Snork Nie. Hy was slegs 14 jaar oud tydens sy oudisie en 15 jaar toe die sitkom se verfilming begin het. Hoogtepunte uit sy loopbaan sluit in die rolle van Sam Carmichael in Mamma Mia! - the Musical, en Gunther in die film Raaiselkind. Hy spits hom deesdae grootliks toe op stemwerk. Die opname van PG du Plessis se boek Fees van die Ongenooides is een van die prestasies waarop hy die trotste is. Hy is 'n radioteater regisseur by RSG en mede-aanbieder van die program Nisboere op Via-TV.
Anrich Herbst
Geneem by Primedia se kantoor in Seepunt toe Anrich aanbieder was by Kfm tussen 2013 en 2015.
Geboorte
1 November 1972 (1972-11-01) (51 jaar oud) Bloemfontein
Mosaiek, 2016-2019 as sanger in verskeie beeldsendings.
Tree Aan, 2011 as Luitenant du Plessis.
Mamma Mia! - the Musical, 2010-2011 as Sam Carmichael.
Houtkruis - die Musical, 2009 as Philip die monnik.
Tree op as gospel sanger en spreker met eie cd regoor Suid Afrika, 1994-1999.
Verwysings
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Anrich Herbst, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.