Randall Wicomb: Suid-Afrikaanse sanger

Randall Charles Wicomb (* 30 Januarie 1949; † 27 Desember 2015) was 'n Afrikaanse sanger en driemalige wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie (1975, 1976 en 1977).

Randall Wicomb
GeboortenaamRandall Charles Wicomb
Gebore(1949-01-30)30 Januarie 1949
Kaapstad
Sterf27 Desember 2015 (op 66)
Stellenbosch, Suid-Afrika
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem, Kitaar, Klavier
Webwerfrandallwicomb.co.za

Lewensgeskiedenis

Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Na skool doen hy militêre opleiding in die Valskermbataljon. Hy behaal die graad B.Sc Honneurs (Ekologie) aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy kortstondig klasgee aan die Hoërskool Durbanville en Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch.

Hierna bekwaam hy homself as kopersmid by Pieter van Dijk se ateljees in Kaapstad waarna hy volwaardige kopersmidwerk as kuns en opdragwerk beoefen. Hy was ook 'n ywerige antieke glasbottel-/artefakteversamelaar en het ook metaalverklikkeropsporing as stokperdjie beoefen.

Uit sy huwelik met Koba is drie kinders gebore en sy en die drie kinders Pierre-Henri, Saskia en Kobâ het as hele gesin gesamentlik of indiwidueel saam met hom opgetree.

Siekte en afsterwe

Hy is in 2013 met prostaatkanker gediagnoseer. Sy lewensverhaal, getiteld "Kleur – my lewe, my lied", is deur die bekende Pretoriase uroloog, dokter Amos van der Merwe, geskryf.

Op 27 Desember 2015, as gevolg van die kanker, sterf Randall Wicomb omstreeks 03:45 in sy huis te Stellenbosch.

Diskografie

  • Kalaharikrismis
  • Hie Langes My
  • Oos Wes, Tuis Bes, 16 gedigte van ADAM SMALL met toonsettings deur Randall Wicomb
  • Die Blink Vosperd
  • Griekwa Psalms
  • Hie Neffens My
  • Uiteindelik
  • Die Rooi Rok
  • Hiep-Hiep-Hoera!
  • Hartland
  • Die boerklong se baadtjie staan punt in die wind
  • Sê Dit
  • Die boerklong se baadjie staan punt in die wind, kasset
  • Kleur

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Randall Wicomb LewensgeskiedenisRandall Wicomb Siekte en afsterweRandall Wicomb DiskografieRandall Wicomb Sien ookRandall Wicomb VerwysingsRandall Wicomb Eksterne skakelsRandall Wicomb1949201527 Desember30 JanuarieATKVAfrikaansCrescendo

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BreedtegraadVoegwoordVaalrivierApostoliese GeloofsendingNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyElana AfrikaReënspinnekopBesoedelingSlag van BloedrivierSiya KolisiMielieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSpeelkaartKoperGetalLeah van NiekerkSwart menseTsongaSeksuele stimulasieKolonisasiePuberteitSowjetunieVingerseksLys van veltoestandeLeierLien se lankstaanskoeneJapanBuffelSharpeville-slagtingMaroela MediaKalenderWêreld- Ekonomiese ForumNederlandDikdermKontinentErfenisdag (Suid-Afrika)Lys van Suid-Afrikaanse musikanteDuitsBalletVierde Industriële RevolusieVaginale kankerTierKorrupsieRuslandKlimaatsverandering in AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024NatriumtiosulfaatAlliterasiePaasfeesSokkerVrouSpysverteringstelselLys van bekende Suid-AfrikanersTweede WêreldoorlogNasionale VrouemonumentAntieke EgipteEkologieKaapstadInsekXenofobieKarnivoorKlimaatveranderingNiemetaalConsolidated B-24 LiberatorKonsentrasiekampVormTrigeminale neuralgieRosa ParksAardbewingVoedselkettingAkuutLys van elemente volgens simboolGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaLyfstraf in skoleGreta Thunberg🡆 More