Hoërskool Jan Van Riebeeck

Hoërskool Jan van Riebeeck is 'n openbare mede-opvoedkundige hoërskool geleë in Tuine, 'n voorstad van Kaapstad wat in Afrikaanse taal en Engels onderrig gee.

Die skool beskryf homself as die bekendste Afrikaanse hoërskool in Suid-Afrika. Die skool is in 1926 gestig met mnr J.J. Jordaan as die eerste hoof en twee deeltydse assistente wat 46 leerders moes onderrig. Reeds teen 1932 was daar 318 seuns en dogters in die skool, wat dit die grootste gemengde skool in die destydse Kaapprovinsie gemaak het. Jordaan was 'n sterk voorstander van Afrikaans as onderrigmedium en Jan van Riebeeck was een van die eerste en bekendste skole wat die taal as onderrigmedium ingevoer het. Hy is in 1936 in die tuig oorlede.

Hoërskool Jan van Riebeeck
Leuse Wees Uself
Tipe Staatsskool
Hoof A. Franken
Leerlinge 500
Adres Kloofstraat 129, Tuine
Stad Kaapstad
Provinsie Wes-Kaap
Land Suid-Afrika
Kleure               
Koshuis(e) Huis Jordaan (meisies)
Huis A.J. van der Merwe (seuns)
Webblad www.janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan Van Riebeeck
Die Hoërskool Jan van Riebeeck omstreeks 1951.
Hoërskool Jan Van Riebeeck
Die skoolterrein is op die hoek van Kamp- en Kloofstraat in Tuine, Kaapstad, geleë.

Die woorde “handhawers van ons moedertaal” vorm die klimaks van die skoollied. I.D. du Plessis het die woorde geskryf en die musiek is gekomponeer deur William Pickerill, destyds dirigent van die Kaapse Stadsorkes.

Leerdertal

In die jare 90 het die leerdertal op ongeveer 500 gestabiliseer, maar in 2006 tot meer as 580 aangegroei en in 2010 tot 603 danksy busvervoer na veral die suidelike en noordwestelike voorstede, soos Bloubergstrand, Table View en Melkbosstrand. In 2011 het dit weer gedaal tot 570, in 2013 tot 494 en in 2015 tot 485. Die verengelsing van die Hoërskole Groote Schuur, Zwaanswyk en Voortrekker het ook in 'n mate tot Jan van Riebeeck se groei bygedra omdat baie leerders wat tradisioneel dié skole sou bywoon, nou na Jan van Riebeeck kom danksy 'n busdiens wat elke dag leerders voor elk van die hoërskole se voederskole op- en aflaai. Van Laerskool Simon van der Stel kom byvoorbeeld daagliks sowat 60 leerders. Van die 603 leerders in 2010 was 142 in gr. 12 en net 112 in gr. 8. Dié tendens het in 2015 voortgeduur: 90 gr. 8's, maar 113 matrieks. Begin 2016 was die getalle meer eweredig versprei: 96 in gr. 10 en 93 in gr. 12 met gemiddeld 87 in elk van die ander grade, maar die totaal van 450 was sowat 150 minder as in 2010.

Die opening in Januarie 2012 van die tweetalige Hoërskool Melkbosstrand, wat sy eerste gr. 12-klas in 2015 sou hê nadat grade geleidelik ingevoer is, het Jan van Riebeeck heelwat leerders gekos. As die meeste van dié skool se Afrikaanse leerders na Jan van Riebeeck gekom het, sou die skool waarskynlik steeds meer as 600 leerders kon hê, soos in 2010.

Kenmerkend van die skool se leerderskorps is dat slegs 'n geringe persentasie van die leerders uit die skool se voedingsgebied kom en die oorgrote meerderheid in die koshuis tuisgaan of per bus na en van die skool vervoer word.

Bekende oudleerders

Van die bekende Suid-Afrikaners wat aan die skool gematrikuleer het en erepennings vir hulle prestasies ontvang het (matriekjaar tussen hakies), is min. Derek Hanekom (1970), Johan Stemmet (1969), Charl Pauw (1959), regter George F Wright (1960), Annari (Anna) van der Merwe (1966), prof. D.P. (David) de Villiers (1962), die kunsskilder en skrywer Johannes Meintjes, prof. Nina Schumann (1988), adv. Klaus von Lieres und Wilkau (1956), Elsabé Daneel (1973), Melanie Horne (1972), Beyers Truter (1972), Hester Heese (1928), Freda Linde (1934), regter G.v.R. (Buddy) Muller (1935), Gawie Fagan (1942), Daan Retief (1943), adm. Hugo Biermann (1932), adj. regterpresident Henry Fagan (1944), Cobus Rossouw (1950), sy edele Marais Viljoen DVD (1933), Laurika Rauch (1968), asook die vermaakpaar Herman Binge en Joanie Combrink en hul seuns, Laurie en Ludwig.

Die skool het tot 2012 vyf Springbokrugbyspelers opgelewer.

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Hoërskool Jan Van Riebeeck LeerdertalHoërskool Jan Van Riebeeck Bekende oudleerdersHoërskool Jan Van Riebeeck Eksterne skakelsHoërskool Jan Van Riebeeck VerwysingsHoërskool Jan Van Riebeeck192619321936AfrikaansEngelsKaapprovinsieKaapstadSuid-AfrikaTuine, Kaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BrongitisAngina pectorisThys die BosveldklongVerkleurmannetjieCovid-19-pandemieWeeluisDiskriminasieVryheidsmanifesKaapse florarykTuisbladInternetGewone breukeBesoedelingSaartjie BaartmanAfro-AmerikanersAarverkalkingAborsiePersentasieSoogdierEerste WêreldoorlogStaalLiesbreukTandbederfWerkloosheidLys van Suid-Afrikaanse digtersHemelvaartGeografie van Suid-AfrikaStilleweLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKewerEskomHeupAfkortingJacques LootsMierVerkragtingPaarl GimnasiumOraniaKriekRekenaarHeuningbySokkerLys van Griekse mitologiese figureNuwe TestamentNiemetaalAardeBeesHipoteseSuid-AfrikaMikro-ekonomieToekoms van die AardeSwawelOligopolieMcDonald'sWinterLabia (geslagsdele)KanadaSarel Jacob PretoriusMaroela MediaPuberteitPapegaaieHannes van WykNiersteenYouTubeKompasVaste stofLys van elemente volgens simboolVoëlFossielbrandstofHomofoonPaulus van TarsusPinksterKnopiespinnekopWetenskapWeskusBrasiliëDataverwerkingNoord-Kaap🡆 More