Jan De Wet

Jan de Wet (Harrismith, 3 Februarie 1950 -) is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat meestal Christelike en geestelike liedere sing.

Jan de Wet
Gebore3 Februarie 1950 (1950-02-03) (74 jaar oud)
Harrismith, Suid-Afrika
GenresGeestelike liedjies
Beroep(e)Sanger
Jare aktief1967 - nou
Webwerfhttps://jandewet.co.za

Opleiding

Hy matrikuleer in 1967 aan die Potchefstroom Gimnasium en studeer daarna vir 'n graad in opvoedkunde aan die universiteite RAU en Potchefstroom. Hy gee van 1973 tot 1975 onderwys aan hoërskoolleerlinge in Namibië.

Vanaf 1975 studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch, dien as Voorsitter van die Studenteraad en behaal die grade B.Teologie en Meestersgraad in Teologie en word 'n predikant in die NG kerk van Suid Afrika. Hy was leraar van 'n gemeente in Somerset-Wes waar hy gewoon het van 1980 tot 1989 en begin met onafhanklike musiekbediening in 1983.

Musiekloopbaan

Hy het sy eerste klankopname as sang en uitvoerende kunstenaar in 1967 gemaak en terwyl hy onderwyser en predikant was was hy steeds aktief betrokke by die musiek industrie. Deur die jare het hy meer as 60 musiekalbums vrygestel (plate, kassette, CDs, videos, DVDs), sommiges is saam met ander kunstenaars of kompilasie-albums o.a. Dana Winner, Gé Korsten, Coenie de Villiers, Rina Hugo, Jak de Priester, Sonja Herholdt, Carike Keuzenkamp. Talle van sy albums het goue of platinum status verwerf. Hy is tans onder kontrak by Sony Musiek en ook betrokke by die sanggroep "Manne wat Glo" wat plaaslik sowel as en internasionaal optree.

Hy was die aanbieder van radio en tv-programme (Die Hemele Roem -Radio Orion en Soeklig  op SABC2). Van sy geestelike boodskappe word gereeld op RSG en Radio Kansel uitgesaai.

Hy ontvang in 1975 en 1976 twee Sarie-toekennings (SA Recording Industry-toekenning – deesdae die SAMA) vir sy komposisies ‘Ek verlang na jou’ en ‘Sonder jou’. Sy album Via Dolorosa verwerf 'n SAMA vir die beste Gospelproduksie van die jaar. Wen ook n aantal Lier-toekennings en word deur die ATKV met n oorkonde vereer vir sy bydrae tot Gospelmusiek in SA. Ontvang  'n Huisgenoot-Skouspel en 'n Gospel Skouspel-toekenning (Radio Tygerberg) vir sy werk as gospelkunstenaar.

Hy het 'n leidende rol ingeneem tydens die stigting van die "Christelike Aksie vir Musikante", "Christian Artists SA" en die "South African Gospel Music Association".

Persoonlik

Jan is getroud met Jeanette en het drie getroude kinders en 6 kleinkinders. Hy het deur die jare op verskeie rade gedien, talle boeke gepubliseer, 10 Comrades-maratonne suksesvol voltooi en lei gereeld groepe na Israel. Hy is ook 'n organiseerder en leier van jaarlikse motorfietstoere na die Europese Alpe.

Publikasies

'n Aantal geestelike boeke het uit sy pen verskyn:-

  • Wat sal Jesus doen, (wat in 1999 'n nasionale toekenning ontvang het),
  • Wandel met Jesus
  • Die woorde van Jesus.
  • Lofliedjies 1 & 2 (Liedereboeke vir kinders)
  • 2 Kinderbybels (beide in Afrikaans en Engels)

Optredes

Hy tree gereeld by verskeie Afrikaanse Kunstefeeste op, asook die Huisgenoot Skouspel. Jan se musiekbediening strek regoor Suid-Afrika sowel as in verskeie oorsese lande soos die VSA, Duitsland, Switserland, Nederland, België, Frankryk, Nieu-Seeland, Australië en die Verenigde Koninkryk sowel as naburige lande: Namibië, Botswana, eSwatini en Mosambiek. Naas sy optredes en opnames vir volwassenes is sy kinderproduksies baie bekend onder die titel LOFKLEUTERS en LOFLAAITIES.

Diskografie

Sleutel: *Kompilasie Albums; **Solo-opname op album met ander kunstenaars; ***Saam met ander kunstenaars; ****Kortspeelopname

Opnames en Vrystellings

Hartbeeshuis ** (1967) Elektra (1967) Hipurituki (Jan en Marti) 1971 Dis Waar(Jan en Marti) 1972 Een Wonderlike Aand(Jan en Marti) ** 1972
A Capella *** 1973 Jongeling(Jan en Marti) 1975 My Nooi is in n Nartjie/ Een om my Hand te neem **** 1976 Slamaaierwikel **** 1977 Skrifsang 1978
Jeugsangbundel I 1981 Jeugsangbundel II 1982 Dit is Verby/Hierdie Oomblik****1982 Gesange 1983 Blye Versekering 1985
Lofsang met Kersfees (saam met Sonja H) 1985 Ek is Vry 1985 Gesange 1982 My Nooi is in n Nartjie(LP) 1986 Loof Hom met die Tromme 1987
Sing Hallelujaliedere I 1988 Via Dolorosa 1989 Sing Hallelujaliedere II 1990 Dis Kersfees 1990 Allawereld 1990
Kamelestories 1990 Loflaaities II 1992 Kyk na die Lam 1992 n Nuwe Lied *** 1993 n Nuwe Lied II *** 1994
Loflaaities III 1994 Wie Sal? 1995 Soar like an Eagle 1995 Lofkleuters I 1995 21 Grootste Geestelike Treffers* 1995
Ik Geloof 1996 n Nuwe Lied III ** 1996 In die Voetspore van Jesus** 1997 Loflaaities in Aanbidding 1998 Vreugdevure 1998
Gunsteling Gesange 1999 Treffers van Jan de Wet* 1999 Lofliedjies II 2000 Kinderkersfees* 2000 Deel die Woord * 2000
Genade Onbeskryflik Groot ** 2000 Sjoe* 2000 Manne van die Woord ** 2001 Ek en my Huis 2001 Op Vlerke van Liefde* 2001
Op Vlerke van Hoop* 2001 SA 100 Gunsteling Geestelike Treffers* 2001 n Nuwe Dag* 2002 Op Vlerke van Aanbidding* 2002 Beste van die Liedboek I** 2002
Beste van die Liedboek II ** 2002 50 Grootste Geestelike Treffers* 2002 Kom Sing Saam* 2003 30 Grootste Liefdestreffers* 2003 Jan de Wet en die Loflaaities I en II (heruitreiking op cd) 2003
Worship Him 2004 Goeie Nuus vir Kinders*2004 50 Grootste Geestelike Treffers II* 2004 Lofkleuters I DVD 2005 Lofkleuters II DVD 2006
Lofkleuters III DVD 2007 Country Kersfees 2007 ** 50 Grootste Treffers van Jan de Wet * 2007 Gospel Skouspel DVD** 2007 Loflaaities III en Aanbidding(Heruitreiking) 2007
Gospel Skouspel DVD** 2008 Gospel Stemme* 2008 100 Goue Geestelike Treffers* 2008 Vredeland* 2009 Jesus is die Beste 2009
Lofkleuter IV DVD 2009 Gospel Stemme II * 2009 Halleluja saam met Drakensberg Seunskoor** 2010 Leef:Met hart en siel II* 2010 Gospel Skouspel DVD** 2010
Lofliedjies* 2010 Loof Hom Innibos DVD ** 2011 30 jaar Radio Kansel Treffers* 2011 Krip tot Kruis* 2011 Geloof Hoop Liefde* 2011
Gospel Skouspel DVD** 2012 Top 25 Kindertreffers* 2012 Goue Gospel Stemme* 2012 EMI: 100 Gospel Treffers* 2012 Hoe Groot is U 2012.

Eie Komposisies

Roep my Aan* Ai Meisie Meisie Kosliedjie As ek by jou kon wees
Vriendskap Terwyl ek droom van jou* Ek verlang na jou Sonder Jou Jy
Kaalvoet in die Reen Sarah de Jager As ek in die aand na sterre kyk* Maat ek wil jou vra Glo net in God*
Dis Waar* Jy soek na Hom Ek het vir jou gebid U is Wonderbaar* Die Liefde van Jesus
U is my Heer Jongeling Halleluja* Bokstang Ek het jou so lief*
Seemeeu** By die Kerkbasaar My Nooi is in n Nartjie** Ich Liebe Sudwest Broadway**
Kersiepannekoekdag Dit is Verby** Slamaaierwinkel** Hierdie Oomblik Ek verlang weer na die Kaap
Een om my hand te neem More Jy behoort aan my Hierdie Kind* Via Dolorosa*
Dit is Volbring Deur U Bloed* U is Waardig* Die Heer het opgestaan* Koning van my hart
Als in die Naam van Jesus* Loof Hom* Mense soek na Hom* Lewe in Oorvloed Maranatha
Bruilofsfees Almal wat dors het Kom sing n Nuwe lied Heilige Gees Romeine 10
Wees nie bly oor my nie vyandin Simon het jy My lief? Ek is vry As My volk oor wie my Naam Sy Naam is Jahwe*
Immanuel* Kersfees is n Vreugdefees Gloria* Koning van my hart Koning Jesus*
Kyk na die Lam* Halleluja* Wonder God* Hy sal jou dra* Krag om te wen*
Ons Glo* Nuwe Dag* Niemand is tuis* Die Man met die Liefde in Sy oe* Koninkryk
Siti Halleluja* Jy Mag Maar** Loof Hom met die Tromme* Ons Sal Gaan U Goedheid*
Ons Erfenis Meer van myself vir U Bruilofslied Kies die Here (vir jou lewe) Lied van die Wenner*
Kies vir Lewe* Ek leef* Die duiwel se vir my U is so goed vir my Jesua Jisrael
Saai die Saad* Jesus van Nasaret* Klein dorpie Bethlehem* Jesus Groot bo Almal* I want to Sing*
Leer my* Daar staan n Kruis* Ons sal staan* Wie Sal..?* Kom na My SA
Waka Waka* Vul ons met U Gees* Kies Nou* Die Vuur** Toi-Toi
Onder U Vlerke* Het jul nie geweet? U het ons geleer Geseend is.. Almal saam in Jesus Naam*
Us my vreugde* Jesus ons aanbid U* Ons loof U Here Almagtige* Here ons wil U loof* Ons sal Triomfeer*
Elke dag* Juig en Jubel* Die Woord het vlees geword Gideon Sagaria
Johannes die Doper Petrus Daniel Kaleb Gods Woord vir Alle Volke
U is Hier Gebed vir die Kaap n Oupa se gebed Galilea In Jerusalem
Soos n Wildsbok* Altyd by my* Heilig Keurspel* Al die lof aanbidding en ere* Vader ons loof U
Droom die Onmoontlike Droom* Seisoene* Ek is* Die Lewe is n Groot Orkes* Hoe klein is ons*
Ek weet verseker * Oorwinnaarsmarkeurspel* Die Liefde* U is getrou o Heer* Aandgebed*.

Kinderkomposisies

Waar kry jy dit?** Goggas Wilde Diere Tannie Lot Sara en Abraham**
Pappa en Mamma** Bileam Die son staan stil** Simson Samuel
Dawid** Dawid en Goliat Dawid en Jonatan Salomo Elia**
Vrugte As ek slaap** Nehemia* Daniel Jona
Baba in n krip Maria Jesus leer in die Tempel** Jesus word gedoop Filippus en Natanael
Wyn uit water Saai die Saad Laat jou lig skyn Die huis op die rots ** Barmhartige Samaritaan**
So baie visse** Hoor hoe huil Jesus Jesus in die storm Blinde Bartimeus** Saggeus
Die vroutjie met die geldstuk Ons vang visse Jesus loop op water** Jesus maak gesond Jesus was die voete
Hosanna Golgota Hy het opgestaan Paulus** Bou die Koninkryk
Die swaard vd Woord* Die diere in ons huis Die wit perd ** Eendag sal Hy terugkom** Jesus is die beste
Wi-wa Wonderwerk* Jesus is* Kleure* Kom na die dieretuin Is jou deur toegesluit*
Is jy bang? Dankie Heer* Wie sal ons lei?* Kom nou al die nasies Kyk hoe blou is die see
Jy sien Hom nie* Groente Die Heilige Gees Niks is onmoontlik* U woord
Ek weet ek weet Vrede Wat maak jou gelukkig? Soek hul op* Die Here seen jou* Jesus is sterker
Ons gaan Hemel toe Gee jou hart vir Jesus Simson Ons is n weermag* Die Fluitlied*
Ons is Sy liggaam Wie is nog sterker?* Wees bly* Jerigo* Vertel dit
Elke een anders* Kom ons speel en dans en sing Eks so bly* Martha Martha* Ere aan die allerhoogste God*
Een God alleen* Looi die Duiwel* Keer jou tong* My hele hart* Elke oog sal Hom sien*
Van kop tot toon* Lees jou Bybel* Vuur uit die Hemel* Alles het die Here God gemaak* Wit
Swart Bruin en Geel* Lente kom* Die liefde van Jesus* Ere aan Hom*
Maak n vrolike klank* Ek sal die Here altyd liefhe* Hoe goed is die Heer* Omdat U groot is* Allawereld*
Eks so bly ek behoort* Kom loof die Heer* Hys die Een wat ek liefhet* My God is so groot* ABCD*
In die Hitte vd stryd* Soos klei* Ek hou van U* Ons sal opstaan* Die wyse man*
Moenie bang wees nie* Kyk net na die voels* Daniel Daniel* Vissers van mense* U is heilig*
Stapsoldaatjie* Hallelu Hallelu Vader Abraham* Laat julle liggies skyn*
Keer jou tong* Noag se ark* Silwer en Goud* Jesus Jesus* Ek sal sing sing sing
My bybel* Boeke vd OT en NT* Kom loof die Heer* Eks so bly bly bly God het my lief
Ek is lief vir Jesus Kom laat ons bid God is lief vir babakinders Die Heer is my Herder* Jesus is so lief vir kinders*
Ek het vrede Een deur Jesus is so lief vir my* Woon in my hart* Kyk ek staan by die deur

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Jan De Wet OpleidingJan De Wet MusiekloopbaanJan De Wet PersoonlikJan De Wet PublikasiesJan De Wet OptredesJan De Wet DiskografieJan De Wet Sien ookJan De Wet Eksterne skakelsJan De Wet19503 FebruarieChristelikHarrismithSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VulkaanXenofobie in Suid-AfrikaDokterOlimpiese SpeleDigvormStedelike hitte-eilandD.J. OppermanGrondwetDialoog in fiksieKarakteriseringSkoolNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaDermpoliepNatuurrampMusiekGoogleMurunwa MakwarelaWortelGesondheidGrootste rampe in Suid-AfrikaKlimaatImpakte van toerismeJagluiperdBloedsomloopstelselLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSeptimius AwardsSeilvaartWiki CommonsAardverwarmingWaterBybelLieweheersbesieNadia ValvekensKlimaatsverandering in AfrikaSwartkwasmuishondIsraelMenslike seksuele gedragMiltProstaatkankerWoordeboek van die Afrikaanse TaalSlangTafelsoutPerdSeekoeiTafelbergMigrasie van voëlsInternetJapie GreylingBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Gesonde dieetGriekwa-AfrikaansWes-KaapBTWEnkelvoudige sinKoos du PlessisAfrikaansKinkhoesWêreld- Ekonomiese ForumOligopolieKonsentrasiekampMikro-ekonomieMaselsStam (taalkunde)SkynprivaatnetwerkSprokieVoedingLiewe HeksieBesoedelingKlimaatveranderingLys van Suider-Afrikaanse soogdierePornhubPlae van EgipteVioolHemelvaartTwaalf Stamme van IsraelWoordsoort🡆 More