Aesopus: Antieke Griekse skrywer

Aesopus (ook Esopus; Grieks: Αἴσωπος Aisopos) (620-560 v.C.) was 'n Antieke Griekse skrywer van kort stories, bekend as Aesopus se fabels.

Die stories gebruik vermenslikte diere en lewelose voorwerpe om sedelessies oor te dra. Van sy meer bekende fabels sluit in: "Die skilpad en die haas", "Die wolf en die skaapwagter", "Die jakkals en die druiwe" en "Die noordewind en die son". Laasgenoemde word dikwels in die taalkunde gebruik om vergelykings tussen verskillende tale of variëteite van 'n taal te doen.

Aesopus
Αἴσωπος
Hellenistiese standbeeld wat vermoedelik Aesopus uitbeeld, Kunsversameling van Villa Albani, Rome
Hellenistiese standbeeld wat vermoedelik Aesopus uitbeeld, Kunsversameling van Villa Albani, Rome
Geboreca. 620 v.C.
Sterfca. 564 v.C.
NasionaliteitAntieke Griekeland
Bekend virAantal fabels nou gesamentlik bekend as Aesop se fabels
Aesopus: Antieke Griekse skrywer
Aesopus soos verbeeld deur Diego Velázquez, om en by 1640
Aesopus: Antieke Griekse skrywer
Aesopus moralisatus, 1485

Daar is min oor Aesopus se lewe bekend en sy geskrifte het nie behoue gebly nie. Tog is daar talle verhale wat oor die eeue uit verskeie tale versamel is, wat aan hom toegedig word. Van die verhale word tot vandag toe nog gebruik, veral in kinderstories en strokiesprente.

In die fabel van "Die skilpad en die haas", as voorbeeld, daag 'n haas 'n skilpad vir 'n wedloop uit. Die haas is seker van sy oorwinning en neem nie die wedloop ernstig op nie. Hy neem middagslapies en sy aandag word deur allerlei dinge afgetrek. Die skilpad, daarteenoor, is doelgerig en neem die resies ernstig op. Ten spyte daarvan dat die skilpad veel stadiger is, wen hy uiteindelik die wedloop. En so is dit ook met mense, die wat volhard behaal sukses.

Afrikaanse vertalings

  • Die mooiste verhale van Esopus, vertaal deur Johannes Petrus Jansen van Rensburg, 1970
  • Vyftig fabels in Afrikaans, vertaal deur Piet Boshoff & Gafie Van Wyk, 2000, ISBN 978-1-874900-36-8
  • Esopus se fabels : die volledige versameling, vertaal deur Piet Boshoff & Gafie van Wyk, 2008, ISBN 978-0-620-42662-6

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Antieke GriekelandDiereGrieksVermensliking

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Thomas EdisonKindersiektesNatuurVryheidsdagVersamelnaamPriemgetalBesnydenisAlliterasieProteaInternetArmoedeverligtingVisDigtheidPaarl GimnasiumSterMiddeloorontstekingLiewe HeksieAtoomSoweto-opstandLys van Afrikaanse rolprenteInfeksieBaljuPornhubDansBynierWoordeboek van die Afrikaanse TaalHamburgerNatriumLetterlike en figuurlike taalgebruikWiskundige terminologieKompasGalblaasDermpoliepDramaSias ReineckeRuslandKriekMorfologie (taalkunde)BrandstofGroot-VisrivierNaaldekokerMenseregtedagMurraysburgEierstokVingerseksSjimpanseeApartheidDroomKoperAfleiding (taalkunde)GemeenskapsorganisasieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaXHTMLVoortrekkersTrappe van vergelykingJazzKontinentEugenetikaBeroerteTierSpysverteringstelselOutismeOopbroninhoudBedryfstelsel (inligtingstegnologie)BloukraanvoëlGasVoyeurismeIngrid JonkerInleiding tot die genetikaC.J. LangenhovenNasionalismeMenslike skeletWêreld- Ekonomiese ForumNetbalOnderwysAgtervoegselSinsbouSkildklier🡆 More