Wu Shuang Pu: Houtsneeboek, uit die 33ste jaar van keiser Kangxi (1694)

Wu Shuang Pu (Mandaryn-Chinees: 無雙譜; Afrikaans: Boek van ongeëwenaarde helde) is 'n houtsneeboek, uit die 33ste jaar van keiser Kangxi (1694).

Wu Shuang Pu
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   無雙譜
Vereenvoudigde Chinees   无双谱
Pinyin Wú Shuāng Pǔ
Kantonees Mou4 Soeng1 Pou2
Wu Shuang Pu: Skakels na sommige bios, Heruitgawes (in Chinees), Verwysings
Wu Shuang Pu; Li Bai as uitgebeeld in die boek
Wu Shuang Pu: Skakels na sommige bios, Heruitgawes (in Chinees), Verwysings
Wu Shuang Pu; Ban Chao (32-102) uitgebeeld op Chinese porselein, Xianfeng periode (1850-1861)

Die boek bevat die biografieë en fiktiewe portrette van 40 merkwaardige Chinese van die Han-dinastie tot die Song-dinastie, met 'n inleiding en 'n verwante gedig in yuefu-styl. Die skilderye vir die boek het wyd versprei en hergebruik geraak en is veral op Chinese porselein aangewend, hierdie Chinese porselein word WuShuangPu-porselein genoem en is baie gewild onder versamelaars.

Die oorspronklike boek het 'n seël van Nanling, daarom word die boek ook Nanling Wu Shuang Pu genoem. 'n herdruk van hierdie boek uit 1699 word bewaar in die Nasionale Museum van Volksrepubliek van China. Op 5 Januarie 2006 is 'n oorspronklike handgeverfde boek vir 2,86 miljoen CNY verkoop, oor 6,5 miljoen ZAR.

Die skilder van Wu Shuang Pu is Jin Shi (金 史, omstreeks 1625–1695), beter bekend as Jin Guliang (金 古 良); pinyin: Jīn Gǔ Liáng. Hy is gebore tydens die bewind van keiser Tianqi in Shaoxing, in die Zhejiang provinsie, en het gesterf in die Kangxi tydperk op ongeveer 70 jaar oud. Jin ontwikkel die boek saam met die Zhu Gui (朱 圭). Jin Guliang het in sy boek geskryf dat die helde in die boek geen parallel het nie, Wu (geen) Shuang (parallel) Pu (boek), daardie helde is ongeëwenaard.

Skakels na sommige bios

Sima Qian, Zhang Qian, Li Bai

Heruitgawes (in Chinees)

  • (zh) Jin, Guliang, Wu shuang pu. Hebei, gewilde uitgewery, Shijiazhuang, China (1996). ISBN 7531008157.
  • (zh) Jin, Guliang, Wu shuang pu. Anhui, gewilde uitgewery, Hefei, China (2013). ISBN 7212060542.

Verwysings

Eksterne skakels

    Wiki skakels

 

Tags:

Wu Shuang Pu Skakels na sommige biosWu Shuang Pu Heruitgawes (in Chinees)Wu Shuang Pu VerwysingsWu Shuang Pu Eksterne skakelsWu Shuang PuAfrikaansChineesKangziMandaryns

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Amazon.comAngssteuring2018 Brasiliaanse Grand PrixOogVierkleurSelfbeeldDissipel vir wie Jesus baie lief wasVaginaW.A. Hofmeyr-prysAmber HeardSelDulcie van den BerghPanama-dokumenteCleopatra VIISupersoniesMiomboSinoniemTafelbergJavaScriptGesinsdag16de eeuLitaueBloedvergiftigingTaalKoos du PlessisJuan Antonio Villacañas1892Christelike kruisIndies-Pakistanse Oorlog van 1965Verenigde KoninkrykByPous Martinus VGuillain-Barré-sindroomFriedrich SchleiermacherRepubliek ChinaIndiëGodsdiensAfrikaPolisieMiddeloorontstekingSias Reinecke2023 Gaboenese staatsgreepKaukasiese taleGeografiese koördinatestelselHemelvaartBruin menseGoddelike KomediePtolemeusLys van slangeKommunistiese Party van die SowjetunieDieregeluideWeeluisKriekFacebookZazakiDierewelsynOrgasmeKrieketBreinvliesontstekingLys van Griekse mitologiese figureOssewabrandwagJemenHindoeïsmePousGeografie van Suid-AfrikaRobbeneilandHadjNamur (provinsie)MaselsBestuiwingHerpes simplexOu Apostoliese KerkInnes en Franna BenadéWikipediaL🡆 More