Worcestersous

Worcestersous is 'n gegiste vloeistofkruiery.

Dit is dikwels 'n bestanddeel van Walliese toebroodjies (Engels: rarebit), Caesar-slaai, "Oesters Kirkpatrick", en soms by "chili con carne", chakalaka, beesbredie, hamburgers en ander vleisgeregte. Worcestersous word ook gebruik om mengeldrankies soos 'n "Bloody Mary" of 'n "Caesar" te geur.

Worcestersous
'n Bottel worcestersous soos in Europa verkoop.

Ontstaan

Volgens die historikus en heraldikus van Wallis, majoor Francis Jones (1908-1993) kan die uitvinding van die resep toegeskryf word aan ene kapt. Henry Lewis Edwardes (1788-1866). Edwardes, oorspronklik van Rhyd-y-Gors, Carmarthenshire, was 'n veteraan van die Napoleontiese Oorloë en het die rang van adjunk-luitenant van Carmarthenshire beklee. Hy het vermoedelik die resep tuis gebring na sy reise in Indië. Die artikel sê nie hoe die resep sy weg gevind het na mnre Lea en Perrins toe nie.

Toe die worcestersousresep vir die eerste keer berei is in die apteek van John Wheeley Lea en William Henry Perrins, was die gevolglike produk so sterk dat dit as oneetbaar beskou is en die vaatjie is net so in die kelder agtergelaat. 'n Paar jaar later is die stoor skoongemaak en opgeruim, en toe die aptekers besluit om dit weer te proe, ontdek hulle dat die sous nou gegis het en sagter en meer aanvaarbaar was. Hulle was heel in hulle skik daarmee en teen 1838 word die eerste bottels "Lea & Perrins Worcestersous" aan die verbruikerspubliek vrygestel.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

BeesvleisChakalakaHamburgerVleis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MeeueJagluiperdDesmond TutuElon MuskWiskundige terminologieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHoofkarakterJoodse kalenderBruin menseLys van Suid-Afrikaanse musikanteInflasieMuldersvleiKommaAfro-AmerikanersOnafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-AfrikaMetamfetamienLiewe HeksieGrondDroogteSurrogaatmoederskapBraaiIngrid JonkerEnkelvoudige sinPHXenofobieNiersteenSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024TikTokDiarreeWit menseHemelvaartsdagLys van Afrikaanse skrywersLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SomerDie ontstaan van die dramaSelfoonVars waterDelftSeksInfrastruktuurMisdaadromanMenseregtedagBTWSlaginstrumentVersoeningsdagOntwikkelende landLongontstekingSeksuele penetrasieGewone luislangHernubare energiePneumatikaFinale OplossingTrappe van vergelykingSwart menseKinderregteKlimaatNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSelfstandige naamwoordKoolhidraatJan van TonderAfleiding (taalkunde)Steve HofmeyrTrekarbeidSteenkool in Suid-AfrikaAnrikaKolonoskopieGautengWinterLettergreepGemeenskapsorganisasieKeelseerVolkspeleHartPuberteit🡆 More