Woods-metaal is 'n unieke eutektiese mengsel van Bismut (50%), Lood (25%), Tin (12.5%), Kadmium (12.5%) met 'n besondere lae smeltpunt (ongeveer 70°C).
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Dit word dikwels in die klaskamer gebruik om die eienskappe van eutektiese mengsels op dramatiese wyse ten toon te stel deur byvoorbeeld 'n teelepel daaruit te giet en te demonstreer hoe dit in warm kookwater smelt. In die nywerheid word dit ingespan as soldeersel vir lae temperatuurtoepassings om komponente te heg wat sensitief is vir hoë temperature. Dit word ook aangewend as smeltbare koppelstukke in veiligheidstoerusting (soos watersproeiers) wat geaktiveer word as die omgewingstemperatuur tydens 'n brand 70°C bereik en die draad/staaf smelt. Die metaal kan ook gebruik word om werkstukke stewig vas te hou vir masjinering sonder om die dele wat geklamp word te bekadig (tipies gebruik tydens vervaardiging van turbinelemme).
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Woods-metaal, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.