Volwassene

Die naamwoord volwassene verwys na enige volgroeide organisme, alhoewel meestal na 'n mens: iedereen wat nie meer 'n kind of minderjarige is nie, en wat nou 'n man of 'n vrou is.

Wetlike implikasies

'n Volwassene kan wetlik 'n kontrak met 'n ander party sluit.

Die wetlike definisie van die aanvang van volwassenheid varieer tussen die ouderdomme 16 tot 21, afhangend van die streek. Sommige kulture in Afrika beskou die ouderdom van 13 as die aanvang van volwassenheid, maar die res van die wêreld sien die individu op daardie ouderdom steeds as 'n tiener. Die mees algemene ouderdom is 18. 'n Paar uitsonderings is:

Op hierdie bepaalde ouderdom verloor die nuwe volwassene se ouers die ouerlike regte en verantwoordelikhede rondom die persoon se versorging. Die nuwe volwassene beskik byvoorbeeld nou oor die reg om in die huwelik te tree, om te kan stem, om 'n voltydse werk te mag bekom, om vuurwapens aan te skaf (in lande waar dit wettig is), om te mag motorbestuur, om te rook en alkohol te drink, om seks te hê, om te dobbel, om 'n prostituut te wees (in lande waar dit wettig is om dit te doen), en as pornografiese model of akteur op te tree. 'n Volwassene verkry ook die reg van toegang na feitlik alle gebeurlikhede of plekke, in teenstelling met 'n minderjarige wat weerhou kan word van toegang óf omdat toegang gevaarlik kan wees vir die jong individu, óf omdat die minderjarige skade kan veroorsaak (byvoorbeeld by 'n uitstalling van hoogs-breekbare items).

Eienskappe van 'n volwassene

Volwassene 
'n Groep volwasse persone.

Daar is sekere gedragskwaliteite benewens fisiese voorkoms wat volwassenheid simboliseer in die meeste kulture. Hierdie volwassenheid van karakter behels onder andere:

  • Selfkontrole
  • Stabiliteit
  • Onafhanklikheid
  • Erns
  • Verantwoordelikheid
  • Takt
  • Uithouvermoë
  • Ervaring
  • Objektiwiteit

Verwysings

Sien ook

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Volwassene Wetlike implikasiesVolwassene Eienskappe van n volwasseneVolwassene VerwysingsVolwassene Sien ookVolwassene NotasVolwasseneKindManMensOrganismeVrou

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse skrywersSoogdierMarie AntoinetteToestand van materieKaapstadse waterkrisis 2015-2018BronsGriepUitwerking van klimaatsveranderingPriemgetalIndustriële RevolusieSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeWhatsAppJohnny RapidOrgasmeNG gemeente MurraysburgAssonansieVoedingMaroela MediaJuraSharpeville-slagtingKlereBaljuSkaapDolfynCurly HowardDikdermLetterlike en figuurlike taalgebruikVerlede tydAfrikaanse Taalmonument (Welkom)ReënTermietBorsteBoerboelMiddeloorontstekingLeonardo da VinciIntensiewe vormByung-Chul HanSelfstandige naamwoordVulvaBywoordBeesvleisKrieketPampoentjiesInleiding tot die genetikaLionel MessiEskomMusieksimboleSwitserlandAnale kankerWes-KaapMorfologie (taalkunde)Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalPornhubOlimpiese Somerspele 2024Saartjie BaartmanHaaieTelwoordMurraysburgBelastingErfenisJeugdagMarsVlinderPerdKapitaal (ekonomie)Byvoeglike naamwoordMagneetJan van TonderAnrich HerbstIsraelJohann de LangePubliekVaalrivierInflasieWikimedia-stigtingSout (chemiese stof)DemokrasieKappie (skryfteken)🡆 More