Die vlakhaas of rooipootjie (Lepus capensis) is 'n haas wat in die meeste dele van Afrika voorkom.
Die vlakhaas is kleiner as die kolhaas en die springhaas. Die springhaas is egter nie 'n ware haas nie maar 'n knaagdier.
Vlakhaas Rooipootjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Leporidae |
Genus: | |
Spesie: | L. capensis |
Binomiale naam | |
Lepus capensis Linnaeus, 1758 |
Die kleur van die vlakhaas varieer baie. By vlakhase wat in vogtiger dele woon is die lyf dofgeel met swartgrys spikkels terwyl die agternekkol bruinpienk en die stert bo donker en onder wit is. By die vlakhase in droër gebiede is die lyf gryswit, die agternekkol is liggrys en die stert bo is dofswart en wit onder. Om die oë van al die tipes vlakhase is 'n soom van liggeel hare en net bokant die oë is 'n langwerpige ligbruin kol. Die wyfie is effens groter as die mannetjie. Volwasse vlakhase word gemiddeld 70 cm lank.
Hulle verkies operige droë grasvlaktes met kolle lang gras of bossies vir skuiling. Hulle is naglewend en gevoelig vir koue. Hierdie hase woon nie in gate nie, maar sal wel gate gebruik om in te skuil as hulle gevaar vermoed wat kolhase nie doen nie. Oor die algemeen word telkens twee kleintjies gebore na 'n dratyd van ±6 weke. Vlakhase het 'n moontlike lewensduur van 5-6 jaar. Vlakhase se natuurlike vyande is die luiperd, leeu, rooikat, vaalboskat, wildehond en breëkoparend.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vlakhaas, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.