Die Valsoog-nooientjie (Abudefduf sparoides) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by die Oos-Kaap asook Aldabra, Mauritius, Réunion en Madagaskar.
In Engels staan die vis bekend as die False-eye damsel.
Valsoog-nooientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Abudefduf (Forsskål, 1775) |
Spesie: | A. sparoides |
Binomiale naam | |
Abudefduf sparoides (Quoy & Gaimard, 1825) |
Die vis word tot 16cm lank. Dit het 'n klein lyfie en metaalblou van kleur en daar is verskeie rye klein, ligte blou kolletjie op die lyf. Daar is ook 'n prominente swart vlek op die stertvin se basis. Die vis leef in rots kusareas en vlak koraalriwwe waar daar ligte golfaksie is in water wat 0.5 tot 3m diep is. Die onvolwasse vissies word gevind in rots getypoele. Hulle is alleenlopers of kom in los groepe voor. Die vis vreet klein ongewerweldes en alge.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Valsoog-nooientjie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.