Teefoorlog

Die Teefoorlog of Soeka-oorlog (Russies: сучья война, soetsjija woina) het tussen 1945 en om en by die dood van Josef Stalin in 1953 in die Sowjet-tronke en die strafkampstelsel, die Goelag, plaasgevind.

Die Russiese woord soeka (letterlik "teef") het ’n baie negatiewer betekenis as in Afrikaans, veral in die tronke en kampe van die Sowjetunie, waar dit gedui het op ’n gevangene wat met die owerhede saamwerk, of " ’n teef geword het" (ссучился). ’n Soeka het ’n miserabele lewe in die tronk gehad. Binne die gevangenestelsel was daar ’n historiese en sosiale struktuur wat sedert die tye van die tsare bestaan het. Misdadigers het bekend gestaan as wori w zakone (воры в законе) of "diewe volgens die wet". Hulle moes hou by sekere reëls binne die tronk- of strafkampstelsel. Een van die belangrikste reëls was dat ’n gevangene nie met die tsaristiese en later Sowjet-regering mag saamwerk nie. Dit het ingesluit ooreenkomste aangaan, klik of iemand verraai.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Stalin aan baie gevangenes ’n aanbod gemaak dat hul vonnisse verkort sou word as hulle in die oorlog veg. Met hul terugkeer na die tronk of die Goelag het hulle hulle egter heel onder aan die gevangene-hiërargie bevind. Om te oorleef het baie met die tronkamptenare saamgewerk en in ruil daarvoor beter werk gekry.

Gevegte het uitgebreek tussen die soeki en die gevangenes wat getrou gebly het aan die wette van die diewe. Talle het in die gevegte gesterf terwyl die owerhede hulle blind gehou het. Een van die redes hiervoor was dat die tronke en kampe oorvol was en die honderde gevangenes wat na bewering dood is, het die las op die stelsel verlig.

Sien ook

Verwysings

Bronne

  • Александр Сидоров (2005) "Воры против сук. Подлинная история воровского братства, 1941-1991", ISBN 5-699-09276-5
  • Anton Antonov-Ovseenko, Enemy of the people, Moskou. Intellekt, 1996, Seksie "Bitch War" Geargiveer 15 Julie 2009 op Wayback Machine, teks aanlyn op die Sakharov-sentrum se webtuiste

Notas

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Bitch Wars

Tags:

Teefoorlog Sien ookTeefoorlog VerwysingsTeefoorlog BronneTeefoorlog NotasTeefoorlogGoelagJosef StalinRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sekondêre sektor van die ekonomieKlitorisKartografieKoperNic de JagerPornografiese subgenresDistrik SesGoogle MapsMurraysburgXhosaRandall WicombNiersteenBloedgroepPastoorSwart nasionalismeKlem-in-die-kaakHeuningNieuwoudtvilleSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureHelpmekaar-kollegeBuffelPeriodieke tabelRepubliek VenesiëLetterkundeEierstokIslamPseudowetenskapMetafoorLys van Suid-Afrikaanse skrywersAntoniemVasco da GamaOmgewingsgesondheidErfenisdag (Suid-Afrika)Nasionale VrouemonumentJohannesburgAnne FrankInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandAluminiumWes-AfrikaMiddelmisbruikTydsoneGeografie van Suid-AfrikaSerebrospinale vogKoolstofSoweto-opstandYsterDuitsEuropese verkenning van Suid-AfrikaMetaalEreksiePad na jou hartDriedimensioneelAkkedisSewe doodsondesJagluiperdBoeddhismeKlimaatBaby ReindeerSeksElon MuskGeskiedenis van NamibiëDemokratiese AlliansieNasionale VrouedagSwawelInfeksieBrongitisBernice WestLimpopo (rivier)Lys van Suider-Afrikaanse soogdiereTolla van der MerweMangelIsraelLys van bekende Suid-AfrikanersGewone luislang🡆 More