Spoetnik 2

Spoetnik 2 (Russies: Спутник-2; volle naam Простейший Спутник-2, Prosteisji Spoetnik-2, of Elementêre Satelliet-2) was die tweede satelliet wat om die Aarde gewentel het.

Dit is op 3 November 1957 deur die Sowjetunie gelanseer en was die eerste satelliet met ’n lewende dier, die hond Laika.

Spoetnik 2
’n Replika van Spoetnik 2.
Spoetnik 2
Posseël ter herdenking van Spoetnik 2.

Die satelliet was ’n 4 meter hoë, keëlvormige kapsule. Dit het verskeie kompartemente gehad vir radiosenders, ’n telemetriestelsel, ’n programmeringseenheid, ’n temperatuurbeheerstelsel en wetenskaplike instrumente. Die hond Laika was in ’n spesiaal verseëlde kajuit.

Ingenieurs- en biologiese data is 15 minute lank tydens elke omwenteling na die aarde gestuur deur ’n Tral D-telemetriestelsel. Twee meters het son-, ultraviolet-, kosmiese en X-strale gemeet. Daar was nie ’n televisiekamera aan boord nie – foto's van honde op Spoetnik 5 word dikwels verkeerdelik as dié van Laika geïdentifiseer.

Spoetnik 2 is in ’n 212 x 1 660 km-wentelbaan geplaas met ’n vuurpyl soortgelyk aan die een wat vir Spoetnik 1 gebruik is. Nadat die satelliet sy wentelbaan bereik het, is die neuskeël suksesvol afgeskiet, maar die Blok A-kern het nie soos beplan afgeskei nie. Dit het die werking van die hittebeheerstelsel in die wiele gery. Verder het ’n deel van die isolasiemateriaal afgeskeur, wat tot gevolg gehad het dat die binneruim temperature van tot 40 °C bereik het. Daar word gereken dat Laika weens die hitte net ’n paar uur oorleef het in plaas van die beplande 10 dae. Spoetnik 2 se wentelbaan het afgeneem en dit het die aarde se atmosfeer op 14 April 1958 binnegedring ná 162 dae in die ruimte.

Passasier

Die eerste lewende wese in die ruimte groter as ’n mikrobe was ’n bastersamojeed-wyfie met die naam Koedrjafka ("Krulletjies"), maar sy is later Laika ("Blaffer") herdoop. Sy het sowat 6 kg geweeg. Die opgestopte kajuit, met drukbeheer, was groot genoeg sodat sy kon staan of lê. Dit is van suurstof voorsien en die kos en water was in ’n gelatienvorm.

Laika het ’n veiligheidshelm aangehad en elektrodes het tekens van lewe gemeet. Volgens die meters was Laika aanvanklik ontsteld, maar sy het haar kos geëet. In Oktober 2002 het Russiese bronne bekend gemaak dat Laika ná ’n paar uur dood is aan hitte en stres, en dat sy nie versmoor het soos aanvanklik geglo is nie. As sy nie daaraan gevrek het nie, sou sy uitgesit gewees het met behulp van vergiftigde kos, anders sou sy doodgebrand het toe die satelliet die aarde se atmosfeer binnegedring het. Die sending het die eerste data verskaf oor die gedrag van ’n lewende organisme in ’n ruimte-omgewing.

Eksterne skakels

Spoetnik-program
Spoetnik 1Spoetnik 2Spoetnik 3Spoetnik 4Spoetnik 5Spoetnik 6Spoetnik 7

Tags:

AardeLaikaRussiesSatellietSowjetunie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ontdekking van goud in Suid-AfrikaRina HugoLys van kinderspeletjiesKoorsblaarJode in Suid-AfrikaDundermFranse RewolusieLeonardo da VinciAartappelVlag van Suid-AfrikaAntisemitisme19de eeuCovid-19-pandemieWoestynHolocaustImpakte van toerismeFabelSpinnekopKlitorisSirkelThomas EdisonSweedsAarverkalkingProteaLettergreepDesimale breukeMangelontstekingSanskritWes-KaapPersoonlike voornaamwoordGemeenskapSkildklierHamburgerJodeOseanografieWiki CommonsOnse VaderAntieke EgiptePornografiese akteurMandalaOlimpiese Somerspele 2024DuitsSmaakDriedimensioneelSlawernyTelwoordKaartLys van myne in Suid-AfrikaResensieKalenderXhosasKewerWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMenslike skeletGalblaasKlein-KarooAdolf HitlerPseudowetenskapHage GeingobMenslike seksuele gedragVerkragtingRoesDubbelpuntElektrisiteitKweekhuiseffekWaterByvoeglike naamwoordRugbySias ReineckeDierTussenwerpselJohannes MeintjesWeermagVoortrekkermonumentRomeinse Ryk🡆 More