Spoetnik 1

Spoetnik 1 (Russies: Спутник-1; volle naam Простейший Спутник-1, Prosteisji Spoetnik-1, of Elementêre Satelliet-1) was die eerste satelliet wat om die Aarde gewentel het.

Dit is op 4 Oktober 1957 deur die Sowjetunie in ’n ovaalvormige, lae wentelbaan geplaas en was die eerste van ’n reeks satelliete wat saam bekend staan as die Spoetnik-ruimteprogram.

Spoetnik 1
’n Replika van Spoetnik 1.
Spoetnik 1
’n 40 kopek-seël wat Spoetnik 1 se wentelbaan aandui.

Die onverwagte aankondiging van die Spoetnik se lansering was die begin van die Ruimtewedloop tussen die Sowjetunie en die VSA in die Koue Oorlog. Dit het ’n tydperk van nuwe politieke, militêre, tegnologiese en wetenskaplike ontwikkelings ingelui.

Spoetnik 1 het ook gehelp om die digtheid van die aarde se boonste atmosfeerlaag te bepaal deurdat die veranderinge in die satelliet se wentelbaan gemeet is. Dit het ook data verskaf van die verspreiding van radioseine in die ionosfeer. Inligting oor meteoroïede is ook na die aarde teruggesein.

Spoetnik 1 is van Terrein No. 1 by die 5de Tjoeratam-lanseersentrum (nou Baikonoer) in die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek gelanseer en het teen 29 000 km per uur om die aarde gewentel. Dit het 96,2 minute geneem om ’n omwenteling te voltooi en het radioseine teen 20.005 and 40.002 MHz uitgestuur, wat deur radio-amateurs dwarsoor die wêreld opgevang is. Die seine is 22 dae lank uitgestuur totdat die sender se batterye op 26 Oktober pap geword het. Die satelliet het op 4 Januarie 1958 uitgebrand toe dit die aarde se atmosfeer binnegedring het nadat dit 60 miljoen km gereis het en drie maande in sy wentelbaan was.

Die bekendstellingsdatum Van Spoetnik 1 is die begin van die ruimte-era van die mensdom, en in Rusland word dit jaarliks gevier as'n onvergeetlike Dag van Ruimtetroepe. 'n vlakte op Die oppervlak Van Pluto is vernoem na Die Eerste kunsmatige satelliet van Die Aarde.

Verwysings

Eksterne skakels

Spoetnik-program
Spoetnik 1Spoetnik 2Spoetnik 3Spoetnik 4Spoetnik 5Spoetnik 6Spoetnik 7

Tags:

19574 OktoberAardeRussiesSatellietSowjetunieSpoetnik-ruimteprogram

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse etniese groepe en kultureEjakulasieVier temperamentePeriodieke tabelWapen van Suid-AfrikaRamsar-vleilande in Suid-AfrikaLidwoordGautengSenuweestelselAardverwarmingGroot TrekPapierSwart menseTydMaselsWerkloosheidOntwerpLys van bekende Suid-AfrikanersBeesagtigesPuberteitSebraPolitieke partyGoudDiskriminasieBorskankerWaterkringloopTuisbladVoorvoegselGeslagJode in Suid-AfrikaMenseregteSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024StereotipeMIVWolkCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKaapse florarykAdolessensieMorfologie (taalkunde)TitaanVioolBorsklierAfro-AmerikanersBorsteVoorsetselIndiëSteenkoolAardkorsNamakwalandRenosterFranse RewolusieSeestroomStadPretoriaAfghanistanSeekoeiBrandstofChristiaan BarnardPersoon (taalkunde)Aarde se atmosfeerLoftus MaraisTobie CronjéLærdal-tonnelHoenderLewerNic de JagerSpinnekopSintetiese veselsHipertensieJeugdagKlimaatAartappelDuitsland🡆 More