Sint James-Paleis

Sint James-paleis (Engels: St James's Palace) is een van Londen se oudste paleise.

Dit is aan Pall Mall in Londen geleë, net noord van Sint James-park.

Sint James-Paleis
Hoofingang van Sint James-paleis in Londen.

Geskiedenis

Koning Henry VIII het die paleis laat bou op die plek waar ’n hospitaal vir melaatses eers gestaan het. Hy het dit opgedra aan die apostel Jakobus. Die hospitaal het tot in 1532 bestaan.

Die nuwe paleis, wat tweede plek ingeneem het ná Henry se Whitehall-paleis, is gebou in die rooisteen-Tudor-styl om vier binnehowe. Dit het in 1698 die hoofwoning van die monarg in Londen geword tydens die bewind van William III en Mary II toe Whitehall-paleis deur ’n brand verwoes is en dit is steeds die administratiewe kern van die monargie. Mary I is daar oorlede en haar hart en ingewande is in die paleis se kapel begrawe. Charles I het daar geslaap die nag voor hy tereggestel is. Oliver Cromwell het dit toe oorgeneem en in ’n kaserne omskep tydens die Engelse Statebond-periode. Charles II (Charles I se seun) het dit laat restoureer.

Die eerste drie Georges het die paleis as hul hoofwoning in Londen gebruik, hoewel dit nie juis deftig was vir die stadspaleis van ’n Europese monarg nie. In 1809 het ’n brand ’n deel van die paleis verwoes, onder andere die monarg se private woongedeelte in die suidoostelike hoek. George III het Buckingham House, nou Buckingham-paleis, in 1762 vir sy vrou gekoop en Sint James het al hoe onbelangriker geword in die eerste helfte van die 19de eeu. Dit is al hoe meer net vir amptelike funksies gebruik soos amptelike onthale, koninklike troues en doopplegtighede. Koningin Victoria het in 1837 finaal na Buckingham-paleis getrek en dit was die einde van Sint James as die monarg se amptelike woning.

Verwysings

Eksterne skakels

0°8′15″W / 51.50472°N 0.13750°W / 51.50472; -0.13750

Tags:

EngelsLonden

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JudaïsmePotchefstroomNederduitse Gereformeerde KerkKokerboomCovid-19-pandemieNoord-KaapMaselsBotswanaLys van Afrikaanse rolprenteGemeenskapsorganisasieVisFinale OplossingIndustriële RevolusieEnkelvoudige sinMarie AntoinetteSpelerposisies in rugbyAnneli van RooyenLys van myne in Suid-AfrikaSleutel (musiek)SikloonKaliumPolisieIngrid JonkerDurbanPuberteitSkildklierBeurtkragBelastingGrondwet van Suid-AfrikaKewerWapen van Suid-AfrikaGesondheidJohn Brown (aktivis)LetterkundeErosietipesCurly HowardPad na jou hartLaeveldBreinKaapstadBeesJaco JacobsKunsDeelwoordJohn Samuel SchlesingerSiya KolisiAtlantiese OseaanHulpwerkwoordVlag van Suid-AfrikaMahatma GandhiVraag en aanbodStam (taalkunde)SwangerskapStaat PalestinaTremKangogrotteSuid-Afrikaanse GrensoorlogBosvarkBestaansboerderyRekenaar19de eeuWeervoorspellingKoorsVryheidsmanifesDansLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSirkelLys van Suid-Afrikaanse musikanteLien se lankstaanskoenePrimêre sektor van die ekonomieSias ReineckeTransatlantiese slawehandelAfrikanernasionalismeLeierOlimpiese Spele🡆 More