Salman Van Saoedi-Arabië

Salman bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies:سلمان بن عبد العزیز آل سعود, Salmān ibn ‘Abd al-‘Azīz Āl Su‘ūd; gebore 31 Desember 1935) is van 2015 af die koning en premier van Saoedi-Arabië.

Salman
Koning van Saoedi-Arabië
Salman Van Saoedi-Arabië
Bewind 23 Januarie 2015 - tans
Voorganger Abdoellah
Erfgenaam Moeqrin bin Abdoel Aziz (2015)
Mohammad bin Najef (2015-'17)
Mohammad bin Salman (2017-tans)
Gade Soeltana bint Toerki al-Soedairi (†2011)
Sarah bint Faisal al-Soebai'ai (geskei)
Fahda bint Falah al-Hathleen
Kinders Verskeie
Koningshuis Huis van Saoed
Gebore 31 Desember 1935 (1935-12-31) (88 jaar oud)
Riaad
Vader Abdoel Aziz al-Saoed
Moeder Hassa bint Ahmed al-Soedairi

Hy is in 2012 as kroonprins aangewys ná die dood van sy broer Najef bin Abdoel Aziz. Hy het op 23 Januarie 2015 die troon bestyg ná die dood van sy halfbroer koning Abdoellah.

Sy grootste inisiatiewe as koning sluit in die Saoediese ingryping in die Jemense Burgeroorlog, Saoediese Visie 2030 en ’n wet in 2017 wat vroue toelaat om motor te bestuur. Sy seun, kroonprins Mohammad bin Salman, word as die de facto-heerser van Saoedi-Arabië beskou en was verantwoordelik vir baie hervormings in die land, asook ’n paar omstrede dade, soos die inhegtenisneming in 2017 van lede van die Saoediese koninklike familie en die sluipmoord op die andersdenkende en joernalis Jamal Khashoggi.

Vroeë lewe

Salman Van Saoedi-Arabië 
Salman as jong man.

Salman is op 31 Desember 1935 gebore as die 25ste seun van Ibn Saoed, die stigter en eerste koning van Saoedi-Arabië. Hy en sy ses volbloedbroers is bekend as die Soedairi-sewe, die seuns van Ibn Saoed se vrou Hassa bint Ahmed al-Soedairi.

Salman is in Riaad opgevoed en het godsdiens en moderne wetenskap studeer.

Hy is in 1954 as ondergoewerneur van Riaad aangestel toe hy 19 jaar oud was. Hy is in 1963 as goewerneur van die provinsie aangestel en het dit gebly tot in 2011. Onder hom het Riaad een van die rykste stede in die Midde-Ooste en ’n belangrike handelstad geword. Die infrastruktuur is ook verbeter met skole, universiteite en sportstadions.

In 2011 is Salman aangestel as tweede onderpremier en minister van verdediging. Op 18 Junie 2012 is hy as kroonprins aangewys ná die dood van sy broer kroonprins Najef, asook as eerste onderpremier.

Bewind

Salman Van Saoedi-Arabië  Salman Van Saoedi-Arabië 
Mohammad bin Najef in Januarie 2013 (links) en Mohammad bin Salman in Mei 2017.

Op 23 Januarie 2015 het die 79-jarige Salman die troon bestyg ná die dood van sy halbroer Abdoellah. Hy het sy jonger halfbroer Moeqrin as kroonprins aangestel.

Salman Van Saoedi-Arabië 
Goewerneur Salman bin Abdoel Aziz en Wladimir Poetin in 2007.

Een van die eerste dinge wat koning Salman en sy seun, Mohammad, gedoen het, was om die regeringsburokrasie se stroomlyn. Van die sowat 11 regeringsekretariate het net twee oorgebly: die Raad vir Politieke en Veiligheidsake, onder onderkroonprins Mohammad bin Najef, en die Raad vir Ekonomiese en Ontwikkelingsake, onder Mohammad bin Salman, wat vrye teuels gekry het om die regering heeltemal te reorganiseer en die mag van die Soedairi-faksie, tot wie albei prinse behoort, te verstewig.

Salman Van Saoedi-Arabië 
Koning Salman en die destydse Amerikaanse president, Barack Obama, in 2015.

In Maart 2015 het die koning opdrag gegee vir die bombardering van Jemen en ’n militêre ingryping teen die Sjiitiese Houthi's en magte wat lojaal was aan die vorige president, Ali Abdoellah Saleh, wat in die 2011-opstand afgesit is.

In 2015 het Salman sy broerskind Mohammad bin Najef as kroonprins aangestel in die plek van Salman se jongste broer, Moeqrin, en sy eie seun, Mohammad bin Salman, as onderkroonprins. Feitlik alle mag van die koning is in die hande van die twee prinse geplaas en hulle kon alle besluite oor veiligheid en ekonomiese ontwikkeling in Saoedi-Arabië neem.

In 1917 het hy Mohammad bin Najef uit die troonopvolging verwyder en Mohammad bin Salman as nuwe kroonprins aangestel. Terselfdertyd het hy Mohammad bin Najef uit al sy regeringsampte verwyder. Mohammad bin Salman is al beskryf as die "mag agter die troon".

Gesondheid

In Augustus 2010 het Salman ’n rugoperasie in Amerika ondergaan en buite die koninkryk herstel. Hy het ’n beroerte gehad en ondanks fisioterapie werk sy linkerhand nie so goed soos sy regterhand nie. Salman ly ook aan ligte demensie, spesifiek Alzheimersiekte.

Amerikaanse intelligensiebeamptes glo die koning word al verskeie jare van sy vrou, prinses Fahda bint Falah al-Hathleen, weggehou op bevel van hulle seun Mohammad. Na berig word, is Mohammad bekommerd dat sy sy planne vir ’n magsgreep, wat die familie kan verdeel, teenstaan en kan probeer om haar invloed by die koning te gebruik om dit te keer. Volgens die amptenare met wie ’n onderhoud gevoer is, het die prins sy ma sonder die koning se medewete in huisarres geplaas.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Salman Van Saoedi-Arabië Vroeë leweSalman Van Saoedi-Arabië BewindSalman Van Saoedi-Arabië GesondheidSalman Van Saoedi-Arabië VerwysingsSalman Van Saoedi-Arabië Eksterne skakelsSalman Van Saoedi-ArabiëArabiesSaoedi-Arabië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

IdioomAfrikaanse taalleerAfrikaanse woordelys en spelreëlsLiefdeKindermishandelingLys van Afrikaanse televisiereekseBTWAnale seksDroogteWet op Bantoe-onderwysKunsmatige intelligensieRefentse MorakeWikiquoteVoegwoordArmoedeAfvalbestuurSowjetunieSuid-EuropaNamibiëErns GrundlingWieg van die MensdomMondWeskusNaaldekokerKoolstofdioksiedVolstruisVaginaAalwynEkonomie van Suid-AfrikaAfro-AmerikanersOrrelSkooluniformEiffeltoringOseaan23 AprilChris HaniVoorsetselOssewaKostuumsKaapstadBeesvleisEienaamKondensasieBelgiëRassisme in AfrikaRomanEerste WêreldoorlogIngrid JonkerKlinkerDermpoliepRumatiekEmosieDramaKarakteriseringGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSeksuele opwekkingNatuurlike hulpbronAardedagJeugdagKrugerwildtuinAnneli van RooyenParkinson se siekteFabelJan van TonderTuberkuloseFacebookLys van Afrikaanse rolprenteDiepaartromboseWikiRooibokSlaginstrumentTatoeëermerkNazi-DuitslandDialoog in fiksieInligting🡆 More