Abdoellah Van Saoedi-Arabië

Abdoellah bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies: عبد الله بن عبد العزيز آل سعود 'Abd ullāh ibn ‘Abd al-‘Azīz Āl Su‘ūd) (1 Augustus 1924 – 23 Januarie 2015) was van 1 Augustus 2005 tot en met sy dood op 23 Januarie 2015 die koning van Saoedi-Arabië.

Abdoellah was een van die 45 seuns van Abdoel Aziz al-Saoed, die stigter van Saoedi-Arabië. Hy het die troon ná die dood van sy halfbroer Fahd in 2005 bestyg. Hy was egter sedert 1995 die de facto-leier van die land nadat Fahd ’n beroerte gehad het.

Abdoellah
Koning van Saoedi-Arabië
Abdoellah Van Saoedi-Arabië
Heerskappy 1 Augustus 2005 - 23 Januarie 2015
Kroning 2 Augustus 2005
Voorganger Fahd
Opvolger Salman
Koningin Verskeie
Kinders Verskeie
Vorstehuis Huis van Saoed
Vader Abdoel Aziz al-Saoed
Moeder Fahda bint Asi al-Sjoeraim
Gebore 1 Augustus 1924
Riaad
Gesterf 23 Januarie 2015 (op 90)
Riaad
Begrawe Riaad

Abdoellah was 'n sterk bondgenoot van die VSA in die stryd teen die terreurgroep Al-Kaïda. Hy het hom vir die modernisering van die ultrakonserwatiewe Moslemkoninkryk beywer, onder meer deur meer geleenthede vir vroue te bewerkstellig.

Abdoellah is op 90-jarige ouderdom aan longontsteking dood. Sy halfbroer Salman het kom as koning opgevolg. Ná sy dood is Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk die oudste monarg in die wêreld.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1 Augustus1924201523 JanuarieAbdoel Aziz al-SaoedArabiesBeroerteDe factoFahd van Saoedi-ArabiëSaoedi-Arabië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SpreeuKangaroeWaterbesoedelingKriekDoopHaelBreinvliesontstekingJuan Antonio VillacañasDroomWiki CommonsWieg van die MensdomSuid-AfrikaDigvormMondVoorsetselHarry PotterKartografieDataverwerkingHerfsSeksuele penetrasieHeuningbyHeidelberg, GautengSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994PinksterBTWAbstraksie (rekenaarwetenskap)C. Louis LeipoldtKuberkrakerMartin Luther King jr.LiesbreukGeslagNederlandBeeldspraakMikro-ekonomieMiteSlaginstrumentHartversakingLys van nedersettings in Suid-AfrikaOnderwysVleilandSkerpioenClanwilliam-sandvisTennisNetbalPubliekSteenkoolHoofkarakterLys van Suid-Afrikaanse musikanteEiffeltoringKasteel die Goeie HoopRuslandTatoeëermerkAluminiumGautengAntjie SomersKunselementeGroot vyfMiddelmisbruikGoudDeelwoordChristendomMonopolyDie ontstaan van die dramaTransatlantiese slawehandelElandréWaarheid-en-versoeningskommissieWerkersdagPerdPretoriaCalviniaLenteLimpopo (rivier)Bysteek🡆 More