Ryne de Beer (1932 - 2008) was 'n Suid-Afrikaanse musikant wat bekend was as die fluitende predikantsvrou.
Sy kon bykans enige lied soos 'n nagtegaal fluit en verskeie opnames is daarvan gemaak.
Ryne de Beer | |
---|---|
Geboortenaam | Ryne de la Bat |
Gebore | 9 Januarie 1932 Worcester |
Sterf | 22 Junie 2008 Oudtshoorn |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Musikant |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | Laat jare sewentig tot 1997 |
Ryne de la Bat is op 9 Januarie 1932 op Worcester gebore waar haar vader hoof van die Skool vir Dowes was. Dié skool en enkele NG gemeentes vir dowes is in later jare na hom genoem.
Ten spyte van die gesegde, "meisies wat fluit, word by die agterdeur uitgesmyt", het sy al van jongs af begin fluit. Na matrikulasie is sy na Stellenbosch waar sy haar Hoër Onderwysdiploma behaal het. Sy moes verskeie aanmerkings teen haar verduur, en kon onthou hoe sy op 'n slag na 'n vertoning bedank is: "Die vrou het gesê sy wens sy kon soos ek fluit, dat sy al hard probeer het. Sy het selfs al haar tande uitgehaal om die hoë note by te kom."
Haar man, ds. Gys de Beer, was 'n predikant in die NG Kerk en nadat die egpaar op Riversdal afgetree het, het hulle op Oudtshoorn gaan woon waar hul dogter, Dorette, en haar man, ds. Schalk Kotze, 'n medeleraar van die moedergemeente, woon. Sy is op 22 Junie 2008 oorlede en haar man in 2013. Hulle het ook 'n dogter, Annagret, en 'n seun, Prof. Wilhelm de Beer van die Universiteit van Pretoria, gehad.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ryne de Beer, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.