Die Rooirivier (Vereenvoudigde Chinees: 红河; Tradisionele Chinees: 紅河; pinyin: Hóng Hé; Viëtnamees: Sông Hồng) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Asië.
Dié rivier, met 'n lengte van 1 200 km (750 myl), vloei deur die suidweste van China en die noorde van Viëtnam. Die naam van die Rooirivier is afgelei van die rooi ysteroksied-sediment, wat die rivier meevoer.
Rooirivier | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Rooirivier se middelloop en delta | |
Die stroomgebied van die Rooirivier | |
Oorsprong | Hengduan-bergreeks, Weishan, Dali, Yunnan, China |
Monding | suidoos van Hanoi, Viëtnam Golf van Tonkin |
Stroomgebied | Volksrepubliek China, Viëtnam |
Lengte | 1 200 km (750 myl) |
Oorspronghoogte | 1 776 m (5 827 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 2 640 m³/s (93 231 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 143 700 km² (55 483 myl²) |
Kaart van die Rooirivier-bekken in Asië |
Die Rooirivier ontspring in die Hengduan-bergreeks in die provinsie Yunnan van die Volksrepubliek China, wes van Kunming en oos van die grens tot Mianmar. Wes van die Rooirivier se bron vloei die Irrawaddy, Salween en Mekong en noord die Yangtze. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidoostelike rigting en bereik Viëtnam, waar die Rooirivier se twee groot sytakke, die Swartrivier van regs en die Lô-rivier van links, saam in die Rooirivier uitmond. Verder suidoos bereik die Rooirivier die Viëtnamese hoofstad Hanoi, die grootste stad aan dié rivier. Suidoos van Hanoi mond die Rooirivier in 'n wye delta in die Golf van Tonkin uit. Net noord van die Rooirivier se delta is die Halong-baai (Vịnh Hạ Long), sedert 1994 'n Unesco-wêrelderfenisgebied, geleë.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Rooirivier (Asië), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.