Rooihoutboom

Die rooihoutboom of Kaliforniese rooihout (Sequoia sempervirens) is inheems aan die kusstrook van Kalifornië en suidelike Oregon in die Verenigde State.

Aan die Kaliforniese noordkus groei Hyperion, die hoogste boom wat nog ooit gemeet is. Dit het 'n hoogte van effe oor 115 meter en 'n stamdeursnit van knap onder 5 meter. Dit staan in die Redwoods Nasionale Park wat in 1968 verklaar is toe boskappers reeds 90% van die plaaslike rooihoutbome neergevel het. Die reuserooihout (Sequoiadendron giganteum) is 'n aanverwante spesie wat tot die Sierra Nevada beperk is, en die twee soorte word gevolglik nie saam aangetref nie. Dit groei nie so hoog as die rooihout nie, maar ontwikkel 'n veel dikker stam.

Rooihoutboom
Rooihoutboom
S. sempervirens langs die US 199-roete
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Orde:
Pinales
Familie:
Subfamilie:
Sequoioideae
Genus:
Sequoia
Spesie:
S. sempervirens
Binomiale naam
Sequoia sempervirens
(D. Don) Endl.
Rooihoutboom
Natuurlike verspreiding van rooihoutbome in die Sequoioideae subfamilie in Kalifornië
groen - Sequoia sempervirens
rooi - Sequoiadendron giganteum

Suid-Afrikaanse aanplantings

Die rooihout, S. sempervirens, aard goed in Suid-Afrika en is by verskillende plantasies in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Limpopo aangeplant. Sommige van hierdie aanplantings is as kampioenbome aangewys en word dus ingevolge die Nasionale Bosbouwet (Wet nr. 84 van 1998) beskerm. Die eerste aanplantings dateer van 1887 toe Joseph Stor Lister besig was om 'n arboretum by Tokai aan die ooshang van Tafelberg te vestig. Hier, langs indrukwekkende Montereydenne, groei 'n groep rooihoute wat na 135 jaar reeds 'n hoogte van 51 meter en stamdeursnitte van oor 'n meter bereik het. In 1907 is rooihoute te Grootvadersbosch naby Swellendam aangeplant en dié groei al 58 meter hoog. Die Harkerville-reuse, 48 meter hoog, is in 1925 oos van Knysna aangeplant, en 'n fietsryroete doen tans hier aan. By Bibby's Hoek, noordwes van Knysna, is 'n verdere groep van sowat 40 bome wat egter nog nie aan kampioenstatus voldoen nie. Die Hogsback-rooihoutreuse van die Oos-Kaap groei 55 meter hoog, en die dikste stamme is meer as 2 meter in deursnee. In die 1940's is die Misty Grove van die Woodbush-plantasie naby Haenertsburg, Limpopo, aangeplant. Hulle ryk al 59 meter opwaarts, alhoewel hul stamme net knap oor 'n meter dik is.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KinderregteAfleiding (taalkunde)SpeelkaartCurly HowardDermpoliepAntieke EgipteKletsrymNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKoos du PlessisLeeuNag van die lang messeNatriumtiosulfaatGeslagsgelykheidFranse RewolusieAustraliëProteaSuid-Afrikaanse InkomstediensSowjetunieCeresSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeKopieregNatuurbewaringVlag van Suid-AfrikaToerismeKrieketLimfvatstelselIsraelAkroniemLys van medisinale kruieSteve HofmeyrNeo-NazismeOlimpiese SomerspeleNatriumGreta ThunbergAfrikaanse woordelys en spelreëlsLys van veltoestandeKonsentrasiekampHoenderAfrikaanse TaalmonumentAnglisismeHomofoonEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaWapen van Suid-AfrikaLeierSkildklierSoogdierSteve BikoDigitale en analogiese tydAngssteuringVaginale kankerWitbloedselJesus van NasaretDigvormMateriaalWhatsAppNatuurlike hulpbronEkonomieTswanaToekoms van die AardeReënspinnekopGroepsgebiedewetSweedsGeografie van Suid-AfrikaMuskietAngina pectorisPoesIrma SternDistrik SesPubliekVerenigde State van AmerikaDurbanE-posKoos BekkerSeksIdioomMobutu Sese SekoSuid-SothoJan van Riebeeck🡆 More