Tokai

Tokai is 'n groot woonbuurt en voorstad van Kaapstad in Suid-Afrika.

Dit is geleë teen die hange van die Constantiaberg, (deel van die Tafelberg-bergreeks) en is aangrensend tot Steenberg en Kirstenbosch aan die suidekant, Bergvliet aan die oostekant, Constantia aan die noordekant en die SAFCOL-denneplantasie teen die berghange aan die westekant.

Tokai
Tokai is in Wes-Kaap
Tokai
Tokai
Tokai Tokai se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°03′45″S 18°26′30″O / 34.06250°S 18.44167°O / -34.06250; 18.44167 18°26′30″O / 34.06250°S 18.44167°O / -34.06250; 18.44167
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
MunisipaliteitStad Kaapstad
Stigting1946
Oppervlak
 • Totaal1,05 km2 (0,41 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal2 568
 • Digtheid2 446/km2 (6 340/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense82.2%
 • Indiërs/Asiërs0.7%
 • Bruin mense3.8%
 • Swart mense10.2%
 • Ander3.0%
Taal (2011)
 • Engels 92.6%
 • Afrikaans 4.4%
 • Ander 3.1%
Poskode (strate)
7966
Poskode (posbusse)
7945
Skakelkode021

Geskiedenis

Tokai is vernoem na Tokaj, 'n heuwelreeks in Hongarye. Oorspronklik het die gebied uit wynplase en kleinhoewes bestaan. Party van die oorspronklike Kaaps-Hollandse huise bestaan nog steeds. Die woonbuurt het in die laat 1940's ontstaan spesifiek vir behuising aan Suid-Afrikaanse soldate wat vanaf die Tweede Wêreldoorlog teruggekeer het.

Omliggende area en natuurskoon

Die Pollsmoor-gevangenis, waar Nelson Mandela en ander politieke gevangenis deur die Apartheid-regering aangehou is, is in Tokai. Mnr. Mandela was vir vier jaar hier aangehou (1984 tot 1988), na sy oordrag vanaf Robbeneiland, voor hy na die Victor Verster-gevangenis verskuif is tot sy vrylating op 11 Februarie 1990.

Sommige van Tokai se strate is met rooi bakstene geplavei. Stroompies vloei deur Tokai en die denneplantasies, wat sogenoemde "groen some" vorm. Dit verskaf 'n rustige habitat vir voëls, paddas en insekte; ontspanningsareas vir wandel, fietsry en stap met honde is ook uitgelê.

Verwysings


Tokai 

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg

Tags:

BergvlietConstantiaKaapstadKirstenboschSteenbergSuid-AfrikaTafelbergVoorstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jan van RiebeeckStudievaardighedeSelfvertroueAnglo-BoereoorlogMigrasie van voëlsFotosinteseTydsoneVroueregteKlimaatCorioliskragGeskiedenis van Suid-AfrikaVerkragtingKatoenKaartVersamelnaamOos-KaapTerracottaleërMenslike skeletKinderregteAanpassingskapasiteitDiarreeStereotipeSamestellingLangste woordAfkortingCarike KeuzenkampDeelwoordInflasieSeksposisieVerstedelikingMetafoorGianna MichaelsCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSkuinsstreepJakkalsVraag en aanbodDiatomiese molekuulInkomsteItaliëRooibokPizzaTrappe van vergelykingFiela se kind (rolprent)Klem-in-die-kaakAfrikaVennootskapRosa ParksSatellietfotoMonopolieGeografie van Suid-AfrikaDaggaSharpeville-slagtingOrthopteraVingerseksWaterbesparing in Suid-AfrikaErektiele disfunksieMonumentVerenigde KoninkrykGemeenskapPerdebyeKaapstadse waterkrisis 2015-2018GeloftedagMark (ekonomie)MisdaadromanWithaaiGeelhoutSeksueel oordraagbare infeksieVars waterAngolese BurgeroorlogWaarheid-en-versoeningskommissieEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaGrondsoorteHannes van WykToestand van materieDwelmmiddelMaatskaplike verantwoordelikheid🡆 More