Ravi Zacharias: Christelike evangelis en filosoof (1946–2020)

Ravi Zacharias (26 Maart 1946 – 19 Mei 2020) was 'n Indies-gebore Kanadees-Amerikaanse Christelike evangelis en filosoof.

Zacharias is die outeur van meer as 30 boeke wat oor Christenskap handel, insluitende die Evangelical Christian Publishers Association se Goue Medalje pryswenner Can Man Live Without God? in die kategorie "teologie en doktrine" asook die Christelike topverkopers Light in the Shadow of Jihad en The Grand Weaver. Zacharias was die stigter en voorsitter van die raad van Ravi Zacharias International Ministries (RZIM) en aanbieder van die radioprogramme Let My People Think en Just Thinking.

Ravi Zacharias
Ravi Zacharias: Vroeë lewe en opvoeding, Loopbaan, Persoonlike lewe
Zacharias in 2013
Gebore
Frederick Antony Ravi Kumar Zacharias

(1946-03-26)26 Maart 1946
Madras (nou Chennai), Tamil Nadu, Indië
Sterf19 Mei 2020 (op 74)
Atlanta, Georgia, V.S.A.
NasionaliteitKanada
Verenigde State
Alma materTrinity Internasionale Universiteit
BeroepChristen apologeet, stigter en voorsitter van die raad van Ravi Zacharias International Ministries
Era21ste eeuse filosofie
Webwerfhttp://rzim.org

Vroeë lewe en opvoeding

Zacharias is op 26 Maart 1946 in Madras, Indië gebore. Toe hy nog jonk was het sy gesin na Delhi verhuis waar hy grootgeword het. Sy familie was Anglikaans, maar hy was tot op die ouderdom van sewentien, toe hy probeer het om selfmoord te pleeg deur gif in te sluk, 'n ateïs. Terwyl hy in die hospitaal was, het 'n plaaslike Christenwerker vir hom 'n Bybel gebring en sy moeder aangesê om vir hom voor te lees uit Johannes 14. Zacharias het gesê dat dit Johannes 14:19 was wat hom aangeraak het as die bepalende paradigma: "omdat Ek lewe en julle sal lewe", en dat hy gedink het, "dit is miskien my enigste hoop: 'n nuwe manier van leef. Die lewe soos omskryf deur die outeur van die lewe." Hy het sy lewe daaraan toegewy om Christus te aanbid: "Jesus, as U die een is wat lewe gee soos dit bedoel is, wil ek dit hê. Kry my asseblief uit hierdie hospitaalbed, en ek belowe dat ek geen steen onaangeraak sal laat in die strewe na waarheid nie."

In 1966 het Zacharias saam met sy gesin na Kanada geëmigreer, en sy voorgraadse graad aan die Ontario Bible College (nou Tyndale-universiteit) in 1972 behaal, sowel as sy M.Div. graad aan die Trinity International University. In 1990 het hy 'n sabbatsperiode van twee tot drie maande by Ridley Hall, Cambridge, 'n Anglikaanse teologiese skool in Cambridge, spandeer.

Loopbaan

As leraar

Ravi Zacharias: Vroeë lewe en opvoeding, Loopbaan, Persoonlike lewe 
Ravi Zacharias gesels met pastoor Joe Coffey by die Christ Community Chapel oor die beantwoording van besware teen Christenskap.

Zacharias het die somer van 1971 in Suid-Viëtnam deurgebring, waar hy Amerikaanse soldate geëvangeliseer het, sowel as gevange Viet Cong-lede. Nadat hy aan die Ontario Bybelkollege gegradueer het, het hy 'n bediening aanvaar by die Christian and Missionary Alliance (C&MA) in Kanada. In 1974 het die C&MA het hom na Kambodja gestuur, waar hy slegs 'n kort tydjie voor die val van die Khmer Rouge gepreek het. In 1977, nadat hy aan Trinity gegradueer het, is Zacharias deur die C&MA versoek om wêreldwyd te preek. . Hy is later georden deur die Christian and Missionary Alliance en as 'n internasionale evangelis opgeroep..

In 1983 is Zacharias uitgenooi om in Amsterdam te praat tydens die Billy Graham Evangelistic Association se jaarlikse evangelisasie konferensie. Hier het hy die eerste keer 'n gebrek aan bediening opgemerk op die gebied van die Christelike apologetiek. Na Amsterdam het Zacharias die somer deurgebring met evangelisasiewerk in Indië, waar hy voortgegaan het om die noodsaaklikheid van 'n apologetiese bediening om mense na Christus te lei en om Christenleiers op te lei te besef. In Augustus 1984 is Ravi Zacharias International Ministries in Toronto, Kanada, in die lewe geroep om sy roeping as "klassieke evangelis in die arena van intellektuele weerstand" te realiseer en voort te sit. Vandag is die hoofkwartier daarvan in Atlanta, Georgia geleë en beskik dit oor kantore in Kanada, Indië, Singapoer, die Verenigde Koninkryk, die Midde-Ooste, Hong Kong, Roemenië, Turkye, Oostenryk, Spanje en Suid-Afrika.

In 1989 is Zacharias kort na die val van die Berlynse Muur uitgenooi om in Moskou te praat. Terwyl hy daar was het hy lesings aan studente aan die Lenin Militêre Akademie sowel as politieke leiers van die Sentrum vir Geopolitieke Strategie gegee. Dit was die eerste van vele evangelisasie geleenthede op politieke gebied. Toekomstige gebeure het 'n uitnodiging in Bogota, Colombië in 1993 ingesluit, waar hy met lede van die regbank gepraat het oor die belangrikheid van 'n soliede morele fondament.

In 1990 skryf hy sy eerste boek getiteld A Shattered Visage: The Real Face of Atheism. In 1993 is Zacharias uitgenooi om tydens sy eerste besoek aan die Veritas Forum aan Harvard-universiteit 'n lesing te gee, en later daardie jaar was hy een van die hoofsprekers tydens die Urbana konvensie. Zacharias was tot sy afsterwe 'n gereelde gas tydens hierdie forums, en het beide lesings gegee en studente se vrae beantwoord asook deelgeneem aan antwoordsessies aan akademiese instellings soos die Universiteit van Georgia, die Universiteit van Michigan, en die Pennsylvanië Staatsunversiteit (Penn State).

Zacharias het media-aandag getrek toe die The Church of Jesus Christ of Latter-Day Saints (LDS Kerk) in 2004 sy kansel by die Salt Lake Tabernakel aan hom beskikbaar gestel het vir 'n reeks boodskappe. Zacharias het 'n preek oor "Wie is die waarheid? Die verdedig van Jesus Christus as die weg, die waarheid en die lewe" aan ongeveer 7000 leke en geleerdes uit beide LDS- en Protestantse kampe gelewer in 'n inisiatief om 'n oop gesprek tussen die kampe te bewerkstellig.

Sommige evangeliste het die besluit van Zacharias gekritiseer om nie van hierdie geleentheid gebruik te maak om die "diepliggende" verskille tussen die historiese Christelike geloof en die leër van die LDS-kerk direk aan te spreek nie. Hy het geantwoord deur te beweer dat Christene nie onmiddellik die teologiese verskille met Mormonisme moet veroordeel nie, maar "een stap op 'n slag moet bou, ten einde ons geloof met helderheid en oortuiging te kommunikeer". Hy het gesê dat dit net so effektief is as om die foute van iemand se geloof aan hom of haar uit te wys.

Die spreekbeurt is byna gesaboteer deur 'n bewering van die organiseerder van die geleentheid, Greg Johnson, die president van Standing Together, dat Zacharias niks met die redigering van die boek The Kingdom of the Cults te make gehad het nie, maar slegs sy naam aan die jongste uitgawe verleen het. Johnson het later om verskoning gevra vir sy opmerking.

Zacharias was 'n gereelde dosent binne die evangelisasiegemeenskap tydens geleenthede soos die Future of Truth-konferensie in 2004, die National Religious Broadcasters Convention and Exposition in 2005, en die National Conference on Christian Apologetics in 2006 . Tydens daaropvolgende aande in Oktober 2007 het hy eers die studente en fakulteit van Virginia Tech en daarna die gemeenskap van Blacksburg, Virginia, toegespreek oor die onderwerp van kwaad en lyding in die nasleep van die Virginia Tech-slagting. Zacharias het die evangeliese medewerkers verteenwoordig by geleenthede soos die Nasionale Dag van Gebed in Washington, DC en die jaarlikse gebedsontbyt by die Verenigde Nasies. Daar is 'n onderhoud gevoer met Zacharias tydens Focus on the Family se Waarheidsprojek. In November 2009 het Zacharias 'n ekumeniese verklaring onderteken wat bekendstaan as die Manhattan Declaration: A Call of Christian Conscience wat die heiligheid van menslike lewe, die waardigheid van die huwelik as 'n vereniging van man en vrou, en vryheid van godsdiens as fundamentele beginsels van geregtigheid en die algemene goed bevestig.

In 2014 publiseer Zacharias sy boek The Lamb and The Fuhrer, wat 'n denkbeeldige gesprek tussen Adolf Hitler, Jesus en Dietrich Bonhoeffer uitbeeld. In 2016 het die Republikeinse presidentskandidaat Marco Rubio Zacharias aangestel op sy pro-lewe (anti-aborsie) Adviespaneel genaamd Dignity Of Life.

Volgens die openbare belastingopgawe (Form 990) het Ravi Zacharias en sy vrou in 2015 'n totale verdienste van $523,926 uit sy nie-winsgewende maatskappy Ravi Zacharias International Ministries (RZIM) gerapporteer.

Wêreldsiening

Zacharias het beweer dat 'n koherente wêreldsiening vier vrae op bevredigende wyse moet kan beantwoord: die van oorsprong, die betekenis van die lewe, moraliteit, en die lotgeval. Hy beweer dat, terwyl elke groot geloof eksklusiewe eise oor die waarheid maak, die Christelike geloof uniek is in die vermoë daarvan om al vier hierdie vrae te beantwoord. Hy het roetinegewys gepraat oor die koherensie van die Christelike wêreldsiening, en gesê dat Christenskap daartoe in staat is om die moeilikste filosofiese aanvalle te weerstaan. Zacharias het geglo dat die Christelike apologete vanuit drie vlakke moet kan redeneer: vanuit logika, ten einde dit houdbaar en volhoubaar te maak; vanuit gevoelens, ten einde dit leefbaar te maak; en vanuit die vraag of 'n mens die reg het om dit te gebruik om morele oordele te fel. Zacharias se styl van apologie het hoofsaaklik gefokus op Christenskap se antwoorde op die lewe se groot eksistensiële vrae, met verdediging van God.

Persoonlike lewe

Zacharias het op 7 Mei 1972 met Margaret "Margie" Reynolds getrou. Hy het haar tydens een van sy kerk se jeuggeleenthede ontmoet. Hulle het drie kinders genaamd Sarah, Nathan and Naomi, gehad Hy het in Atlanta, Georgia, gewoon.

Zacharias is in Maart 2020 gediagnoseer met 'n kwaadaardige kankergewas binne sy rugstring. Sarah Zacharias Davis, Zacharias se dogter en HUB van Ravi Zacharias International Ministries (RZIM) het aangekondig dat Zacharias sou terugkeer na sy woning in Atlanta, Georgia vir "so lank as wat die Here ons gee." 'n Aantal hoëprofiel Christene het aanlyn boodskappe gestuur wat Zacharias se invloed op hulle beskryf het. Zacharias het op 19 Mei 2020 op 74-jarige ouderdom by sy huis in Atlanta gesterf.

Bibliografie

Verwysings

Aangehaalde werke

  • Zacharias, Ravi (2006). Walking From East to West: God in the Shadows. Grand Rapids: Zondervan. ISBN 0-310-25915-0.

Eksterne skakels

Tags:

Ravi Zacharias Vroeë lewe en opvoedingRavi Zacharias LoopbaanRavi Zacharias Persoonlike leweRavi Zacharias BibliografieRavi Zacharias VerwysingsRavi Zacharias Eksterne skakelsRavi Zacharias19 Mei1946202026 MaartIndië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WaterstofWaterkringloopSuid-Afrikaanse randStedelike hitte-eilandMisdaadSeksHorlosieGlobaliseringWieg van die MensdomVulvaSikloonTweede VryheidsoorlogDroogteKolitisHoërskool Sentraal, BloemfonteinDonderstormJazzAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlindersWisselkoersKniePaddaSwartbewussynsbewegingWapen van Suid-AfrikaBruin huisslangKernoorlogOorstromingVenda (taal)SamestellingNeptunusSeekoeiRassismeRymHondsdolheidLys van Suid-Afrikaanse musikanteJeuksiekteLeierGeestesteuringAkroniemWillie JoubertSpinnekopHaasEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaPlae van EgipteEjakulasieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureWiskundige terminologieEkonomiese sektorOnse VaderPornografiese subgenresToekoms van die AardeArmoedeverligtingMIVEkonomieSteenkool in Suid-AfrikaGroenLys van Afrika-landeWitbloedselKlimaatCholeraAppelKontinentNylsvley-natuurreservaat25 AprilKindersiektesPampoentjiesMenslike penisgrootteAnilingusTekstielAfrikaansBevolkingVrugQFrederik Willem de KlerkAtoomFamilie (verwantskap)Vliegtuig🡆 More