Quinton De Kock: Krieketspeler van Suid-Afrika

Quinton de Kock (gebore 17 Desember 1992 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.

Hy is in 2019 as Suid-Afrika se toetskrieketspeler van die jaar aangewys. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2014, 2016, 2021 en 2022, asook die Kampioenetrofee 2017 vir Suid-Afrika gespeel.

Quinton de Kock
Quinton De Kock: Internasionale loopbaan, 2013 V.A.E. Toer teen Pakistan, Toetsloopbaan
Volle naam Quinton de Kock
Gebore 17 Desember 1992 (1992-12-17) (31 jaar oud)
Johannesburg, Suid-Afrika
Kolfstyl Linkshandig
Rol Kolwer, paaltjiewagter
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 317) 20 Februarie 2014 v Australië
Laaste Toets 26 Desember 2021 v Indië
Toetshempno. 12
EDI debuut (no 105) 19 Januarie 2013 v Nieu-Seeland
Laaste EDI 18 Maart 2023 v Wes-Indië
EDI hempno. 12
T20I debuut (no 54) 21 Desember 2012 v Nieu-Seeland
Laaste T20I 26 Maart 2023 v Wes-Indië
T20I hempno. 12
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2009–2015 Highveld Lions
2014–2017 Delhi Daredevils
2018 Royal Challengers Bangalore
2018-tans Cape Town Blitz
2019–2021 Mumbai Indians
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toetse   EDI         T20I       1e rang    
Wedstryde 54 138 79 84
Lopies aangeteken 3300 5949 2256 5463
Kolfgemiddeld 38.82 45.41 32.69 41.38
100s/50s 6/22 17/29 1/14 12/36
Hoogste telling 141* 178 100 194
Vangskote/Stonkings 221/11 180/12 75/16 323/16
Bron: ESPNcricinfo, 27 Maart 2023

Internasionale loopbaan

Quinton de Kock se Internasionale eendagwedstryd-loopbaan begin op 20-jarige ouderdom op 19 Januarie 2013 in die Paarl vir die Proteas teen Nieu-Seeland. Hy het sesde op die kolforde kom kolf, teken 18 lopies aan en kry ook die taak as paaltjiewagter by. Vir die tweede wedstryd in Kimberley open hy die beurt met 25 lopies.

Op 18 Februarie 2013 moker hy die tweede hoogste T20 telling van 126 in Suid-Afrika.

2013 V.A.E. Toer teen Pakistan

Tydens die November 2013-toer na die Verenigde Arabiese Emirate word hy gekies in die eerste XI vir Suid-Afrika teen Pakistan in die plek van Colin Ingram wat uit vorm was. De Kock teken 112 lopies aan vanaf 135 aflewerings op 'n moeilike kolfblad in Aboe Dhabi in die vierde EDI om sy eerste Internasionale Eendag-hondertal te behaal. Suid-Afrika wen die EDI-reeks 4-1. Die Proteas speel ook twee Twintig20-wedstryde teen Pakistan en de Kock behaal 48 n.u.n. in die eerste wedstryd terwyl hulle 'n hoë teiken jaag. Hulle wen die T20-reeks ook 2-0.

Hy speel hierna ook in al die EDI's en Twintig20-wedstryde vir die Proteas teen Pakistan en Indië, oorsee en tuis in Suid-Afrika in Nov-Des 2013. Tydens die EDI's behaal hy drie agtereenvolgende honderdtalle vir die Proteas met die kolf, 'n sonderlinge prestasie.

Toetsloopbaan

Hy maak sy toetsbuiging vir die Proteas op 20 Februarie 2014 teen Australië in Port Elizabeth. Hy stel teleur met slegs 7 lopies tydens sy debuutbeurt maar vaar effens beter met 34 die volgende dag.

Nadat hy vir die toetse in Indië uit die span gelaat is, keer hy terug as paaltjiewagter teen die besoekende Engeland op 2 Januarie 2016 in Kaapstad, maar gee weer sy paaltjie op 'n skinkbord prys met 'n skamele 5 lopies na ete op 5 Januarie.

T20-reeks teen Australië in 2014

In Maart 2014 het die Proteas 'n T20-tuisreeks teen Australië gespeel. De Kock is as die "Speler-van-die-reeks" bekroon, alhoewel Suid-Afrika die reeks met 0-2 verloor het.

Rekords

  • Vinnigste Suid-Afrikaner om 1 000 EDI-lopies aan te teken.
  • Vinnigste paaltjiewagter, volgens wedstryde (35), om 150 Toetspaaltjies in te palm.
  • Vinnigste paaltjiewagter, volgens wedstryde, om 200 ontslagte in Toetse te behaal (47).
  • Vinnigste Suid-Afrikaner om 'n vyftigtal in T20I aan te teken (15 balle).

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Quinton De Kock Internasionale loopbaanQuinton De Kock 2013 V.A.E. Toer teen PakistanQuinton De Kock ToetsloopbaanQuinton De Kock T20-reeks teen Australië in 2014Quinton De Kock RekordsQuinton De Kock VerwysingsQuinton De Kock Eksterne skakelsQuinton De Kock17 Desember1992JohannesburgKampioenetrofee 2017KrieketwêreldbekerKrieketwêreldbeker 2015Krieketwêreldbeker 2019Krieketwêreldbeker 2023Suid-AfrikaT20I-wêreldbekerT20I-wêreldbeker 2014T20I-wêreldbeker 2016T20I-wêreldbeker 2021T20I-wêreldbeker 2022

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AktuarisPiesangSuid-Afrikaanse InkomstediensLikkewaanSikloonOplossing (chemie)JapanEmfiseemWolkHeupvervangingMuskietPolitieke partyLys van Griekse mitologiese figureDataverwerkingWinnie Madikizela-MandelaSekondêre sektor van die ekonomieGeestesteuringSint Pierre en MiquelonKoolstofdioksiedKindermishandelingGordelroosKoedoeOrgasmeUpingtonDeelwoordMeningsverskil oor aardverwarmingYsterBurgerregteKoorsblaarMenseregteAdolf HitlerGalileo GalileiKernoorlogAardbewingAkuutSendelingposisieKoorsWortelkanaalTegnologieKonsentrasiekampAngssteuringLys van Suider-Afrikaanse soogdiereTarentalePlaasjapieSinoniemWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBedryfstelsel (inligtingstegnologie)dgbsjHokkieLenteMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaAkwariumVeelvuldige skleroseKoue OorlogStereotipeTaalMahatma GandhiBritse RykOranjerivierSteve BikoGesondheidAfkortingHondsdolheidRassismeGeelhoutBuffelWisselkoersStedelike hitte-eilandSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieHeuningbyWes-KaapJaco JacobsEngelsAfvalbestuurKlereOnderwys in Suid-AfrikaBoom🡆 More