Prime Circle is 'n Suid-Afrikaanse rock-musiekgroep van Witbank in Mpumalanga.
Hulle word as een van die suksesvolste rock-groepe in Suid-Afrika beskryf.
Prime Circle | |
---|---|
Prime Circle, Hamburg Harley Days 2016. | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Witbank, Mpumalanga |
Genres | Rock |
Jare aktief | 2006 - nou |
Etikette | David Gresham Records, EMI Music |
Webwerf | http://www.primecircle.co.za |
Lede | Ross Learmonth Dale Schnettler Dirk Bisschoff Marco Gomes Neil Breytenbach |
Die groep is in Desember 2000 gestig. Hulle debuutalbum, Hello Crazy World, is in 2002 uitgereik. Hulle tweede album, Live This Life, volg in Oktober 2005. Hulle is bekend vir liedjies soos Hello, Same Goes For You, Let Me Go, Live This Life, Maybe Wrong, My Inspiration, As Long as I'm Here en Miracle.
Prime Circle het by meeste groot konserte in Suid-Afrika opgetree en het al vir die Live-musiekgroep van die VSA geopen tydens die Suid-Afrikaanse been van hulle Birds Of Pray-toer. Hulle het ook tydens Nelson Mandela se 46664-konsert opgetree. Vroeg in 2006 tree hulle saam met Metallica en ander groepe soos Collective Soul, Simple Plan en Seether op tydens die Coca-Cola Colab-geleenthede in Pretoria, Durban en Kaapstad.
Die groep bestaan uit:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Prime Circle, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.