Priapisme

Priapisme is ’n toestand waar ’n penis ure lank hard bly sonder dat daar stimulasie is of nadat stimulasie geëindig het.

Daar is drie soorte: iskemies, (laevloei), nie-iskemies (hoëvloei) en terugkerend iskemies (onderbroke). Die meeste gevalle is iskemies; dit is gewoonlik pynlik terwyl nie-iskemiese priapisme nie is nie. By iskemiese priapisme is die grootste deel van die penis hard, maar nie die eikel nie; by nie-iskemiese priapisme is die hele penis halfstyf.

Priapisme
Klassifikasie en eksterne bronne
Fresko van Priapos in Pompeji.
Fresko van Priapos in Pompeji.
ICD-10 N48.3
ICD-9 607.3
DiseasesDB 25148
eMedicine med/1908
MeSH D011317
Priapisme Mediese waarskuwing

Oorsake en behandeling

Sekelselsiekte is die grootste oorsaak van iskemiese priapisme. Ander oorsake sluit in medisyne en dwelmmiddels soos kokaïen en dagga. Nie-iskemiese priapisme kan voorkom ná trauma aan die penis of ’n rugmurgbesering. Eersgenoemde kom voor wanneer nie genoeg bloed uit die penis vloei nie, terwyl laasgenoemde gewoonlik voorkom weens toenemende bloedvloei.

Behandeling hang af van die soort priapisme. As dit nie binne die eerste 48 uur behandel word nie, kan voltydse littekens aan die penis vorm. Die siekte kom by sowat 1 uit 20 000 tot 1 uit 100 000 mans per jaar voor.

Terminologie

Die term is afgelei van die naam van die Griekse god Priapos (Grieks: Πρίαπος), ’n god van vrugbaarheid. Hy word dikwels uitgebeeld met ’n besonder groot ereksie.

Verwysings

Tags:

EikelPenis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Klimaatsverandering in AfrikaKunstenaarLys van Afrikaanse skrywersKwaZulu-NatalViëtnamGevolge van aardverwarming op oseanePornografieNamakwalandBurgerregteWerkloosheidGrondwet van Suid-AfrikaSuid-AfrikaYouTubePesachGqeberhaWet op NaturellengrondCalviniaSwartbewussynsbewegingCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaAfrikaansWeer (meteorologie)StollingsgesteentePiesangOseaanSokkerWikipediaGeletterdheidSkoenlapperHartaanvalPikkewynVenda (taal)Preseminale vloeistofEienaamVerkoueMusiekBalletSkilpad7de LaanMiskruierVerstedelikingBeaufortskaalAmhariesGesonde dieetMielieHoenderNasionale VrouedagOplossing (chemie)AustraliëSweedsVoorvoegselVolhoubare ontwikkelingAdolessensieKorrupsieSuid-SothoLys van Afrika-landeBreinvliesontstekingMenslike skeletAarverkalkingChromatografieKompasBernice WestRassismeTsongaSout (chemiese stof)KweekhuiseffekSuid-Afrikaanse InkomstediensSpysverteringstelselEiffeltoringLys van Afrikaanse rolprenteSint JorisdagStudievaardighedeLeierRobert SobukweBronsWaterpokkiesTegnologie🡆 More