Premier Van Limpopo: Regeringshoof van die Provinsie Limpopo

Die premier van Limpopo is die regeringshoof van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika.

Die huidige premier van Limpopo is Stanley Mathabatha, 'n lid van die African National Congress, wat die amp op 18 Julie 2013 aanvaar het.

Funksies

Ingevolge die Grondwet van Suid-Afrika berus die uitvoerende gesag van 'n provinsie by die Premier. Die Premier stel 'n Uitvoerende Raad aan wat uit tien lede van die provinsiale wetgewer bestaan; hulle staan bekend as Lede van die Uitvoerende Raad (LUR'e). Die LUR'e is effektief ministers en die Uitvoerende Raad 'n kabinet op provinsiale vlak. Die Premier het die vermoë om LUR'e na sy/haar eie goeddunke aan te stel en af te dank.

Die Premier en die Uitvoerende Raad is verantwoordelik vir die implementering van provinsiale wetgewing, tesame met enige nasionale wetgewing wat aan die provinsie opgedra is. Hulle stel provinsiale beleid op en bestuur die departemente van die provinsiale regering; hul optrede is onderhewig aan die nasionale grondwet.

Vir 'n wetsontwerp van die provinsiale wetgewer om aanvaar te word, moet die Premier dit onderteken. Indien hy/sy meen dat die wet ongrondwetlik is, kan hy dit terugverwys na die wetgewer vir heroorweging. Indien die Premier en die wetgewer nie saamstem nie, moet die wet na die Konstitusionele Hof verwys word vir finale oorweging.

Die Premier is ook ex officio 'n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, die hoërhuis van die Parlement, as een van die spesiale afgevaardigdes van die provinsie.

Lys van vorige premiers

No. Naam Aangestel Bedank pos Party
1 Ngoako Ramatlhodi 7 Mei 1994 22 April 2004 African National Congress
2 Catherine Mabuza (wnd.) 22 April 2004 26 April 2004 African National Congress
3 Sello Moloto 26 April 2004 2 Maart 2009 African National Congress
4 Cassel Mathale 3 Maart 2009 18 Julie 2013 African National Congress
5 Stanley Mathabatha 18 Julie 2013 dienend African National Congress

Verkiesing

Die verkiesing vir die Limpopo provinsiale wetgewer word elke vyf jaar gehou, gelyktydig met die verkiesing van die Nasionale Vergadering; die laaste verkiesing het op 8 Mei 2019 plaasgevind. By die eerste vergadering van die provinsiale wetgewer na 'n verkiesing kies die lede die Premier uit hul eie. Die provinsiale wetgewer kan die Premier dwing om te bedank deur 'n mosie van wantroue. Indien die Premierskap vakant raak (om watter rede ook al) moet die provinsiale wetgewer 'n nuwe Premier kies om vir die tydperk tot die volgende verkiesing te dien. Een persoon kan nie meer as twee termyne van vyf jaar as Premier dien nie; wanneer 'n Premier egter gekies word om 'n vakature te vul, tel die tyd tot die volgende verkiesing nie as 'n termyn nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Premier Van Limpopo FunksiesPremier Van Limpopo Lys van vorige premiersPremier Van Limpopo VerkiesingPremier Van Limpopo VerwysingsPremier Van Limpopo Eksterne skakelsPremier Van LimpopoAfrican National CongressLimpopoStanley MathabathaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GlasColin SteynLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierSirkelSportLaingsburgvloedKilometer per uurKunsmatige intelligensieRanger 7DriehoekProstaatkankerPostmasburgMenslike skeletFrankfurt SkoolMIV/vigs in Suid-AfrikaSuid-AsiëGeskiedenis van erotiese afbeeldingsKonflik (proses)SpinnekopTogoHenry CavendishLouise LombardAnemieNasionale PartyMenslikepapilloomvirus-infeksieHolocaustStikstofKIdioomJames BrolinBruin menseLetterkundeNiersteenAgapantWortelPornografiese subgenresKameelperdMarie AntoinetteAfkortingVerspreide lugbestralingGlottaalPapegaaiePiet van der MerweOlifantLys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaarsNadia HilkerSkaapRiley VoelkelC.J. LangenhovenNepotismeIrakIntelligensieKinkhoesArgentiniëVerkoueNederlandsPandjabiKaapse pietjiekanarieAfrikaanse TaalbewegingLys van Suid-Afrikaanse musikanteErfenisSydoringMetaalMaagdelikheidDikdermLauren LondonAnneli van RooyenDie VaderlandJeuksiekteZKatastrofiese bewegingCollageBakterieMaatskappyEuropaMicrosoftVrye toegang🡆 More