Kiesafdeling Port Elizabeth-Wes

Port Elizabeth-Wes was 'n kiesafdeling in Port Elizabeth vir verkiesings van die Suid-Afrikaanse Volksraad sowel as Kaapland se Provinsiale Raad.

Port Elizabeth het van 1910 af, toe die eerste algemene verkiesing ná Uniewording gehou is, twee kiesafdelings gehad, naamlik Port Elizabeth-Sentraal en Port Elizabeth-Suidwes. In 1924 word Suidwes verander na Port Elizabeth-Suid en in 1929 kom Port Elizabeth-Noord by. Met die groei van die stad, neem ook die kiesafdelings toe, sodat Port Elizabeth-Distrik in 1938 die vierde kiesafdeling in die stad word.

Vir die verkiesing van 1953 verdwyn Port Elizabeth-Distrik en verskyn Port Elizabeth-Wes die eerste keer met dieselfde Volksraadslid, G.N. Hayward van die Verenigde Party, wat Distrik vanaf 1938 verteenwoordig het, wat ook in Port Elizabeth-Wes wen en wel met 'n meerderheid van 6 328 teen C.A. Els van die Nasionale Party. In 1958 word Myburgh Streicher van die Verenigde Party onbestrede verkies.

Port Elizabeth-Wes stem dan ook oorweldigend teen republiekwording in die volkstemming in 1960 toe 3 926 kiesers ten gunste van 'n republiek is en 10 009 daarteen. Met 14 734 was Port Elizabeth-Wes destyds die grootste kiesafdeling in Kaapland en die vierde grootste in die land. Streicher word in 1961 onbestrede verkies, maar voor die algemene verkiesing van 1966 kry Port Elizabeth 'n vyfde kiesafdeling by. Port Elizabeth-Wes en -Suid verval, maar Algoa, Newton Park (wat min of meer met die ou Wes ooreenstem) en Walmer kom by die oudste kiesafdeling, Port Elizabeth-Sentraal (1910), asook Port Elizabeth-Noord, wat reeds in 1929 geskep is.

Sien ook

Bronne

  • Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.

Tags:

KaaplandPort Elizabeth

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SpeelkaartBruin huisslangWoestynAnale kankerByVolhoubare ontwikkelingAborsie in Suid-AfrikaMIVRymElektroniese of digitale mediaJo BlackKonsentrasiekampMetafoorNarsismeNamibiëDurbanVerkleinwoordJan-Willem BreureLien se lankstaanskoeneVlag van Suid-AfrikaMoedersdagKapitaal (ekonomie)KindermishandelingMeningsverskil oor aardverwarmingMiljardLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)GrondbesoedelingOmtrek, oppervlakte en volumeViëtnamoorlogLewerWet op Bantoe-onderwysAarverkalkingNG gemeente MurraysburgAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidDiskriminasieKlem-in-die-kaakKameelperdAntieke EgipteAardverwarmingJan van TonderPornografiese subgenresAnale seksWeervoorspellingJode in Suid-AfrikaJohn Brown (aktivis)Omgewingskwessies in Suider-AfrikaFranse RewolusieByvoeglike naamwoordSeptimius AwardsLys van Kaapstad se voorstedeSinsbouSpelerposisies in rugbyHoenderByung-Chul HanNaaldekokerJaco JacobsDie Stem van Suid-AfrikaCoca-ColaLys van Griekse mitologiese figureLetterkundeWiskundige terminologieHulpwerkwoordYslandGeskiedenis (vakgebied)Lys van Joodse feeste en herdenkingsSias ReineckeWiki CommonsAgtervoegselRooibloedselSokkerLys van Afrikaanse rolprenteMarsDie GelofteWerkersdag🡆 More