Kiesafdeling Port Elizabeth-Suid

Port Elizabeth-Suidwes was 'n kiesafdeling van die Suid-Afrikaanse Volksraad vanaf die algemene verkiesing in 1924 nadat dié deel van Port Elizabeth vroeër onder die kiesafdeling Port Elizabeth-Suidwes geval het.

Port Elizabeth-Sentraal was egter vanaf Uniewording in 1910 'n kiesafdeling.

Kiesafdeling Port Elizabeth-Suid
Dr. Jan Steytler, Volksraadslid vir Queenstown van 1953 tot 1961, het in 1961 in Port Elizabeth-Suid kom staan maar met 2 730 stemme teen die Verenigde Party se Robert Plewman verloor. Hy was tot 1970 leier van die Progressiewe Party al is hy nooit weer tot die Volksraad verkies nie.

Sir William Macintosh, wat Port Elizabeth-Suid van 1915 tot 1924 verteenwoordig het, wen in laasgenoemde jaar as kandidaat van die Suid-Afrikaanse Party in Port Elizabeth-Suid met 'n meerderheid van 1 344 stemme teen die Arbeidersparty se H.G.R. Theys. In die algemene verkiesing op 18 Junie 1929 verslaan hy die Arbeider-Cresswelliet met 1 637 stemme, maar hy bly net Volksraadslid tot 19 November 1929, toe hy waarskynlik oorlede is. In die tussenverkiesing op 24 Desember 1929 word Edwin Robert McIlwraith van die S.A.P. onbestrede verkies, maar in die algemene verkiesing van 1933 verslaan die onafhanklike John Gauntlett Hirsch hom met 320 stemme.

Hirsch behou die setel in die 1938-verkiesing as kandidaat van die Verenigde Party teen J.R. More van die Dominiumparty en die onafhanklike S.H. Kemp met 'n meerderheid van 1 176. In 1943 wen die Verenigde Party se James McLean met 'n reuse-meerderheid van 5 992 teen die onafhanklike J.J. Oelofse. Op 26 Mei 1948 word Heinrich Oloff Frielinghaus van die V.P. dan ook onbestrede verkies. In 1953 stel die Nasionale Party vir P.J. Nortje as kandidaat teen Frielinghaus, wat nou met 'n meerderheid van 6 131 wen. In 1958 word Frielinghaus die tweede maal onbestrede verkies.

Die volkstemming oor republiekwording is bloot 'n weerspieëling van al die verkiesings in Port Elizabeth-Suid sedert 1924 toe die Nasionale Party nooit hond haaraf kon maak nie, want 9 583 kiesers stem teen die republiek en net 2 645 daarvoor. Jan Steytler, dienende Volksraadslid van Queenstown wat in 1959 uit die V.P. bedank en leier van die nuwe Progressiewe Party geword het, kom staan in 1961 in Port Elizabeth-Suid en kry 3 166 stemme vergeleke met die V.P. se Robert Percival Plewman se 5 896. Port Elizabeth-Suid is voor die verkiesing van 1966 afgeskaf toe Port Elizabeth se kiesafdelings grondig hersien is en Algoa, Newton Park en Walmer al drie die eerste keer hul opwagting maak. Tesame met Port Elizabeth-Noord en Port Elizabeth-Sentraal sou die vyf kiesafdelings in die vriendelike stad bly tot in 1994.

Sien ook

Bronne

  • Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.

Tags:

Port ElizabethPort Elizabeth-Sentraal (kiesafdeling)Port Elizabeth-Suidwes (kiesafdeling)Uniewording

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AppelPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVreesPriemgetalWoordsoortKoos BekkerOutismeLugbesoedelingOos-KaapMagda van BiljonSokkerGalblaasMaatskaplike verantwoordelikheidGeskiedenis van Suid-AfrikaKrokodilGeslagsregister vanaf Adam tot JesusPesachPretoriaWet op NaturellengrondHeupLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierLiefdeBernice WestMusiekteaterJeuksiekteGoudNelson MandelaAdolessensieSosiale mediaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKaren MeiringEvangelies Gereformeerde KerkKarlien van JaarsveldSeksueel oordraagbare infeksieTwaalf Stamme van IsraelMosesCutt GlasMierleeuAfrikanersMichael JacksonPrimêre sektor van die ekonomieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWikiKommunismeNasiebouAngssteuringNiemetaalPerdAfleiding (taalkunde)JeugdagPapierHeuningbyMonopolieOogproblemeOrkney Snork NieSpinnekopLuiperdMondLys van elemente volgens simboolSuid-Afrikaanse randVarkAkroniemJaarVerfJavaScriptDataverwerkingGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSpringbokkeVoorsetselLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesKorrupsieReënvalbepalingNierversakingKlimaatsverandering in Suid-Afrika🡆 More