'n Po' boy (ook gespel as po-boy of po boy, 'n afkorting van poor boy) is 'n tradisionele toebroodjie (gewoonlik Franse stokbrood of baguette uit New Orleans) in die kookkuns van Louisiana en New Orleans wat in die helfte oopgesny en met gebraaide hoender- of beesvleis of seekos (dikwels garnale, vis, oesters of krappe) gevul word.
Volgens 'n stedelike legende uit New Orleans het die po' boy-toebroodjie sy oorsprong in 'n tremwerker-staking in 1929. Destyds het 'n plaaslike restaurant, Martin Brothers Restaurant, belowe om aan die sowat 1 800 stakende trembestuurders en -meganici gratis kos te bedien. 'n Bakker, John Gendusa, is gevra om 'n smullekker toebroodjie te bak wat teen 'n lae prys aan hulle verskaf kon word. Toe die stakende mans hul toebroodjies by die restaurant se agterdeur kom haal het, is die kombuis luidkeels van die bestelling laat weet: "Here comes another poor boy!"
Ander bronne vermeld dat po' boys al vroeër bekend was; Louis Armstrong het van hierdie soort toebroodjie al 'n dekade vroeër gehou.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Po' boy, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.