Pikte

Die Pikte was ’n stamkonfederasie wat in die laat Ystertydperk en vroeë Middeleeue gewoon het in wat vandag Oos- en Noord-Skotland is.

Hulle was vermoedelik etnolinguisties gesproke Kelte. Waar hulle gewoon het en wat hul kultuur behels het, kan afgelei word uit die geografiese verspreiding van ronde steentorings, Britoniese pleknaamelemente en Piktiese stene. Pikte word in geskrifte genoem van voor die Romeinse verowering van Brittanje tot in die 10de eeu, toe hulle waarskynlik met die Gaele vermeng het. Hulle het noord van die Forth- en die Clyderivier gewoon en die nou uitgestorwe taal Pikties gepraat, wat vermoedelik nou verwant was aan die Kelties-Britoniese taal van die Keltiese Britte wat suid van hulle gewoon het.

Pikte
Die Aberlemno-slangsteen met Piktiese simbole. Van bo na onder wys dit ’n slang, ’n dubbele skyf en ’n spieël en kam.

Die Pikte was waarskynlik afstammelinge van die Caledoniërs en ander stamme wat deur Romeinse historici of op die wêreldkaart van Ptolemaeus genoem is. Piktland, ook in sommige bronne Piktawië genoem, het geleidelik verenig met die Gaeliese koninkryk Dál Riata om die Koninkryk Alba (Skotland) te vorm. Alba het toe uitgebrei en ander gebiede ook ingesluit, en teen die 11de eeu het die Piktiese identiteit versmelt in wat die Skotse vermenging van volke is.

Die Pikte was ’n tipiese gemeenskap van die Ystertydperk in Noord-Europa, met noue bande en groot ooreenkomste met naburige groepe. Daar is ’n paar argeologiese bewyse van die Piktiese gemeenskapslewe. Min Piktiese skryfwerk het behoue gebly, maar die geskiedenis vanaf die laat 6de eeu is bekend uit verskeie bronne, insluitende Bede se Historia ecclesiastica gentis Anglorum, die lewensverhale van heiliges en verskeie Ierse annale.

Verwysings

Eksterne bronne

Tags:

10de eeuBritoniese taleGaeleKelteKeltiesMiddeleeueSkotlandYstertydperk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afrikaanse TaalmonumentAbstraksie (rekenaarwetenskap)Angina pectorisElon MuskBruto binnelandse produkMobutu Sese SekoKwaZulu-NatalRooikatNetbalTropiese sikloonArmoedeverligtingEksponentBerghaanDie ontstaan van die dramaApokriewe boekeLys van musiekinstrumenteEugenetikaRenaissanceAdolessensieWitbankEuropaMandalaVoedselkettingJo BlackKlereHipoteseSkaakViëtnamoorlogKaapstadse waterkrisis 2015-2018Depressie (gemoedstoestand)KoolstofRobbeneilandNiersteenTennisHartversakingDierSuid-Afrikaanse randHorlosieKalsiumVoornaamwoordLys van Suider-Afrikaanse soogdiereDansLys van Kaapstad se voorstedeDuitsAardbewingHokkieSkoolWaterkringloopHoofletterChroniese siekteKunsRookgewoonteBeroerteVioolOm-te-infinitiefkonstruksieBestaansboerderySlawernyKarakteriseringKlimaatPseudowetenskapGroepsgebiedewetHeelgetalJan van RiebeeckMadison IvyWitrenosterJapie GreylingKongo-krisisSteve BikoOlimpiese Somerspele 2012Bedryfstelsel (inligtingstegnologie)BrandmondsindroomLenteKontinentVerstedelikingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024🡆 More