Skotte

Die Skotte (Engels: Scots of Scottish people, Skots: Scots Fowk, Skots-Gaelies: Albannaich) is 'n Keltiese nasie en etniese groep inheems aan Skotland en die omliggende eilande.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Skots-Gaelies.

Histories gesien het hulle ontstaan uit 'n samesmelting van twee groepe — die Pikte en die Gaele — wat in die 9de eeu die Koninkryk van Skotland (of Alba) gestig het en vermoedelik in etnotaalkundige opsig Kelte was. Later is die naburige Kumbriese Britone, wat ook 'n Keltiese taal gepraat het, asook die Germaanstalige Anglo-Sakse en Noormanne, in die Skotse nasie integreer.

Skotte
Skotte
Totale bevolking: ca. 28–40 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 6 miljoen Skotte
5,4 miljoen Skots-Iere

Vlag van Kanada Kanada 4,7 miljoen
Vlag van Skotland Skotland 4,4 miljoen
Vlag van Australië Australië 1,8 miljoen
Vlag van Engeland Engeland 795 000
Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland 760 620
Vlag van Argentinië Argentinië 100 000
Vlag van Chili Chili 80 000
Vlag van Frankryk Frankryk 45 000
Vlag van Pole Pole 15 000
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 12 792
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 11 160
Vlag van Eiland Man Man (eiland) 2 403
Vlag van Hongkong Hongkong 1 459

Taal: Engels (Skotse Engels)
Skots-GaeliesSkots
Geloofsoortuiging: Presbiterianisme, Rooms-Katolisisme, Episkopalisme; ander minderheidsgroepe; Agnostisisme, Deïsme en Ateïsme
Verwante etniese groepe: Ander Keltiese volke soos Bretonners, Iere, Korniese en Walliesers; Engelse, Yslanders en Wikings
Skotte
Skotse kilt-mode in 'n toonvenster in Buchanan Street, Glasgow

In moderne opsig word die terme "Skotse mense" of "Skotte" gebruik om na iemand te verwys wat in taalkundige, kulturele, voorvaderlike of genetiese opsig van Skotse afkoms is. Die Latynse word Scotti het oorspronklik na die Gaele verwys maar word nou gebruik om na al die inwoners van Skotland te verwys. Hoewel dit soms as argaïes of ongunstig beskou word, word die term Scotch ook gebruik om na die Skotse mense te verwys, maar dit is hede hoofsaaklik buite Skotland gebruiklik.

Daar is mense van Skotse afkoms in baie lande buite Skotland. Emigrasie, beïnvloed deur faktore soos die Hoogland en Laeveld se klane, die Skotse lidmaatskap in die Britse Ryk, en in die onlangse tyd industriële agteruitgang en werkloosheid, het tot gevolg gehad dat Skotse mense wêreldwyd gevestig het. Groot bevolkings van Skotse mense het hulle in die Nuwe Wêreld-lande van Noord- en Suid-Amerika, Australië en Nieu-Seeland, gevestig. Daar is 'n Skotse teenwoordigheid op 'n besonders hoë vlak in Kanada, wat oor die hoogste vlak van Skotse afstammelinge per inwoner in die wêreld en die tweede grootste bevolking van Skotse afstammelinge na die Verenigde State beskik. Hulle het hul Skotse tale en kultuur meegebring.

Skotland het migrasie en vestiging van mense op verskillende tye oor die geskiedenis heen gesien. Die Gaele, die Pikte en die Britone het verskeie mites van oorsprong, soos die meeste Middeleeuse Europese volke. Germaanse setlars, soos die Angel-Saksers, het hulle vroeg in die 7de eeu in Skotland gevestig. Skandinawiese setlaars het tydens die 8ste eeu in baie dele van Skotland voet aan wal gesit. In die Hoë Middeleeue, vanaf die heerskap van David I van Skotland, het emigrante vanuit Frankryk, Engeland en die Lae Lande na Skotland gekom. Sommige bekende Skotse vanne, insluitende dié van Bruce, Balliol, Murray en Stewart het in hierdie tyd na Skotland gekom. Vandag is Skotland een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk en die meerderheid van die mense wat in Skotland leef is Britse burgers.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

EilandEngelsEtniese groepGermaanse taleKelteKeltiesKoninkryk van SkotlandNasieSkotlandSkotsSkots-Gaelies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nelson MandelaPeriodieke tabelKoolhidraatKongo-krisisKragopwekkingNylrivierUitwerking van klimaatsveranderingLiefdeLys van oseane, seë en mereWaterkringloopVerenigde KoninkrykFinansiële staatISO 3166-2SokkerSpysverteringstelselGeografie van Suid-AfrikaEnsiklopedieHoofstadHerpes simplexDuitslandWalt DisneyNierversakingKaliforniëLionel MessiOrale seksByvoeglike naamwoordHoutStaatstoelaePaddaNoordwesAngina pectorisWortelMeningsverskil oor aardverwarmingGoogleKookpuntAlice MunroVoedingSeksposisieXenofobieWaterpokkiesSaldanhaInstagramProteïenEngelsMieliestronkRegardt van den BerghFisioterapieSkoolRekenaarDoelwitLika BerningKatoenTafeltennisKhoikhoiHomoniemKoorsblaarAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeMisdaadWoordeboek van die Afrikaanse TaalLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameHartBeenbreuke en ontwrigtingsEskomVoorsetselKlimaatVeeartsGeestesgesondheidLSatellietfotoBywoordDieregeluideHipoteseMagnetismeMierleeu🡆 More